Kamees uit my reis
collage
Ons reislustiges het mos ‘n passie wat iewers ‘n begin gehad het , maar seker nooit ‘n einde sal bereik nie... As mens eers begin reis-gesels, kan jy jouself nie keer nie, of jy sit maar weer en dagdroom met ‘n atlas of album oop op jou skoot!
Dan kry ek vonkies van herinnering wat my alles weer opnuut sintuiglik laat ervaar - ek sien, hoor, ruik, proe en voel álles asof dit gister gebeur het:
Voor my geestesoog sien ek weer ’n lap geel sonneblom op ‘n Van Gogh-landskap in Provence, ‘n witgekalkte Griekse huisie met blou vensterluike en ’n skaduryke wingerdprieel....
Ek staan weer in die mis hoog op ‘n Switserse sneuebedekte bergpiek en aan die voet van die Christus-beeld Funchal lig ek my arms ook omhoog…….
Ek hoor die véraf geklingel van koeiklokke op ‘n Switserse weiland, die trompet–eggo oor die water van die kalm Königsee….
Kan mens regtig herinnering ruik? Ek dra ewig saam met my die geur van vars dou op ’n Europese lenteveld, varsgemaalde wakkermaak- koffie by ’n kafee in Wene….
Met toe oë proe ek weer ‘n soet-deurweekte Griekse heuninggebak, ‘n glasie versterkende bloubessiesap in ysige Noorweë….
In my gedagte streel ek oor die koel marmer uit die meesterhand van Michelangelo en ek pluk aan die stringe van die Griekse bouzouki….
Dikwels vra reisvriende my watter reisbestemmings vir my besonder spesiaal was , waarheen sou ek weer wil teruggaan, wat sou ek aanbeveel, of weglaat uit ‘n reisplan.
As ek nou in retrospek ‘n collage kon saamstel van besondere plekke in Europa waar ek al spore getrap het, sou ek die bestemmings hieronder uitsonder as “moet-sien” , of herbesoek-plekke .
Santorini:
My eerste keuse is die unieke eiland Santorini in die suidelike Egeïese See wat per veerboot bereik kan word vanaf Pireaus en ander omringende eilande.
Die hoofdorp, Thira, lê soos uitgestrooide stukkies nougat hoog bo-op die rand van die halfmaankrater van ‘n uitgewerkte vulkaan. Afhangende van hoe haastig jy is, kan hierdie kruinstad per donkie langs 'n steil kronkelpad, per bus, of per kranshysbak bereik word.
Die dorpie met witgekalkte huise, smal gange, kerkies, poorte, kloktorings met blou koepels, kyk uit oor 'n stil, diepblou see waar skepe daar ver onder dobber op 'n goud-verglansde see . Die uitsig oor die see is veral teen sonsondergang asemrowend – ‘n onbeskryflike emosionele ervaring. Teen skemer as die aandklokke begin beier, word liggies een na die ander aangeskakel en Thira word omskep in 'n glinsterende tiara-kroon.
Meteora:
Een van die mees indrukwekkende vestings wat ek nog ooit besoek het, is in die noordelike binneland van Griekeland en bereikbaar per bus of trein van Athene. Hier sien jy die geweldige hoë rotspilare van Meteora , waarop vroeë Bisantynse monnike hoogliggende kruin-kloosters gebou het, soos die Grand Meteoron, Varlaam en Roussannou.
Honderde steil trappies lei boontoe na kloosterkamers en museums met allerlei relikwieë. Mens kry sommer hoendervleis as jy so van bo-af uitkyk oor die dorpies vér onder in die laagte . Dit is asof jy die stilte om jou kan hoor , die ideale plek om te kom mediteer. G’n wonder die eertyse monnik-vlugtelinge het hul juis hier kom afsonder nie!
Elsass-wynland:
Die natuurskone Elsass-wynland lê in 'n smal strook van Frankryk aan die westelike oewer van die Ryn .
Die streek is veral bekend vir sy dorpies met tradisionele houtinleg-huise en muurbeskildering , kleurvolle balkontuintjies, lowerryke woudgebied en wingerd. 'n Reeks wyndorpies lê ingeryg langs die Route du Vin,
Die charimatiese spogdorpie Colmar is per trein bereikbaar vanaf Strasbourg en vandaar kring kontreibusse uit om jou te bring waar jy wil wees. Bring gerus 'n stuk of twee Betschdorf-keramiek saam as mooi herinnering van hierdie uitsonderlike deel van Frankryk met sy ou-Duitse karakter!
Como:
‘n Besoek aan Como is voorwaar ‘n ontrimpeling van jou siel.
Como-meer, is die derde grootste die noordelike Lombardiese mere in Italie, en lê soos ‘n stukkie saffier in ‘n ou gletser-skeurvallei. Mens bereik dit maklik per trein vanaf Milaan.
Como-dorp self is te voet verkenbaar en vanaf die kaai-promenade vertrek bote na oewerdorpies wat die een mooier is as die ander. So ’n rit bied ‘n intiemer kykie op die asemrowende villas en welige sub-tropiese plantegroei. Wisterias, en ander blomrankers kruip op teen klipmuurtjies ; kamelias en rhododendrons staan uitgedos om elke hoek!
Deur die gegote ystertralies sien mens momenteel die salm- of okerkleurige rykmanswonings met terrastuine , spuitfonteine en pragtige wit tuinbeelde .
Oor Como Mio kry ek hoendervleis ; ek sal ‘n maand lank daar kan verdwyn . Como, enige tyd in sonskyn, reën, of deinserigheid ! Die weer is bysaak, want elke weersomstandigheid verleen ‘n ander perspektief of sjarme aan die meer.
Die Sorrentynse skiereiland;
My geliefkoosde nesskopplek in die suide van Italië is Sorrento, vanaf Napels-stasie bereikbaar met die Circumvesuviana-treintjie. Sorrento is die hartklop van die skiereiland; hiervandaan vertrek veerbote na die nabygeleë eiland Capri, en bussies neem besoekers rond vir verkenning van die skiereiland-dorpies..
Te voet sien jy egter die dorp in al sy glorie en eenvoud. Die hoogliggende parktuin bied 'n mooi uitsig oor die kaai-bedrywighede van Marina Grande, die baaiplekke van Marina Piccolo, oor die beroemde Baai van Napels en Vesuvius, deinserig in die verte.
'n Menigte winkeltjies verkoop aanloklike porselein of houtinlegwerk, kamees en koraal en alerlei suurlemoen-produkte
Die Amalfi-kuspad word allerweë beskou as een van die mees natuurskone ritte in Italië. Eintlik skiet my se woordeskat tekort vir gepaste bekrywing van hierdie uitmuntende panoramiese kranspad-roete. Dorpies soos Positano en Amalfi klou hoog teen die kranse vas en onder lê die see blou en stil soos 'n dam.
Capri se Monte Solero is die kruin waarvandaan mens ver oor die see en die bekende Faraglioni rotse kan uitkyk. Die turkooisgroen water by Marina Piccolo se klipstrandjie lok jou om te gaan baai, sommer so tussen die kleurvolle geankerde bootjies.
Salzkammergut:
Sielsrus in die Salzkammergut!
Die Salzkammergut-vallei is 'n romantiese bergparadys met blougroen mere en oewerdorpies, genestel tussen die Oostenrykse Dachstein Alpe . Per bus, trein of motor vanaf Salzburg, is oewerdorpies soos Gmunden, St Wolfgang , St Gilgen, Bad Aussee maklik bereikbaar.
Veral Hallstatt is poskaartmooi en verdien 10 uit 10 vir ligging en natuurskoon. Die dorpie se onderstebo-weerkaatsing lê helder in die meer, die houthuisies is pragtig versorg en daar heers ’n rustige atmosfeer. Dis amper asof elke klank hier helderder is – die akoestiek tussen die bergwande is uitstekend.
‘n Soutmynbesoek, diep ondergronds, is ook ‘n spesiale bonus!
Heidelberg:
Ou Heidelberg in die Rynland is per trein en rivierboot bereikbaar. Die pragtige Duitse oustad langs die Necka-rivier hou ‘n spesiale romantiek in vir die besoeker - wie kan nou die Studenteprins-fliek uit ons jong dae vergeet?
Altstadt Heidelberg het een van die oudste universiteite in Duitsland wat dateer van 1386; deesdae is daar ongeveer 30 000 studente en heers ‘n aanvoelbare “gees”.
Vanaf Bismarckplein kan jy wandel langs die keisteen-voetgangerpad met die mooiste winkels en eetplekkies waar jy kan sit en luister na die middag se Glockenspiel en jou verlustig aan Duitse gebak.
Dan haas jy jou om met die Königstuhl Bergbahn op te ry na die ou Heidelberg Schloss. Bo van die ou kasteel af het jy ’n asemrowende uitsig oor die Neckar-rivier, antieke brûe en oorkantste digte groen woude. In die tuin van die kasteel het ons die fontein van ou ‘Vader Ryn’ raakgeloop - ’n antieke beeld half-liggende op ’n wynkruik wat aaneen vloei en spuit en nooit leegloop nie.
Fjordland:
Die Noorse fjordland is ’n asemrowende gebied van gletsers en tuimelende watervalle uit die hoë sneeubedekte graniet-gesteentes.Ver onder in groen valleie lê die pragtige fjordinhamme waarvoor Noorweê so bekend is.
Ek haal graag aan wat ek iewers in ’n reisbrosjure oor die Noorweegse fjordland gelees het: “No amount of anticipation and no photographs can ever prepare the traveler for the real thing!” Dit is inderdaad so - die stilte en die dramatiese natuurskoon laat ’n mens stil én stom.
Hoog bo by ‘n uitkykpunt het ons ’n ruk lank stilgehou sodat ons die asemrowende skoonheid van die Geiranger-fjord kon inneem. Geiranger was beslis die hoogtepunt van ons toer deur Noorweë.
’n Bootrit oor hierdie spieëlgladde meer, tussen die hoë skeurvallei het ’n fantastiese dag afgesluit. Hout-plaashuisies hoog in die berge, die Sewe Susters-waterval, ander mooi passasiersbote wat geruisloos verby ons oor die water gly, en fantastiese weerkaatsings op die gladde watervlak, het alles daartoe bygedra om hierdie besoek onvergeetlik te maak.
Cinque Terre
Suid van Genoa, langs die blou Liguriese kuslyn, ‘hang’ vyf dorpies hoog aan die rotskranse vasgeplak. Klankryke name soos Riomaggiore, Vernazza, Monterosa, Corniglia en Manarola, pas by die idilliese omgewing, vir my seker van die mooiste bestemmings in Italië. Die Cinque Terre is bereikbaar per hooflyntrein tussen La Spezia en Genoa.
Om al vyf pastelkleurige dorpies behoorlik te kan waardeer, is daar twee ander moontlikhede: vir energiekes is daar die krans-wandelpaaie wat dorpies verbind, vir luies is daar die veerbootjie van La Spezia . Beide opsies bied manjifieke panoramas oor die see en kuslyn!
As ‘ewige reisiger’ bly daar vir my steeds nog ‘n horison , ‘n nr 10-plek wat my naderwink - soos Taormina aan die voet van die Etna-vulkaan in Sicilië, Travemunde (strandoord aan die monding van die Trav-rivier in Noord-Duitsland, of vir oulaas dalk die Groot Muur van China …..
Wie weet? Die hoop beskaam nie.
My reistas staan weer eens afgestof en geëtiketteer. Dit staan oop in afwagting, soos ‘n voetsoldaat wat wag op die bevel. Daar’s nog plek vir ‘n paar nuwe etikette aan die binnedeksel!
Monday, 12 September 2011
Sunday, 21 August 2011
Provence
‘n Lappieskombers, opvoubare piekniekhouer, twee silwer wynglase en sonhoede het voorkeur geniet op die inpaklys vir ons kort somerwegbreek na Provence, Frankryk.
Ons kon ‘n week inpas op ‘n besige werkskedule in Frankryk, en ‘n vriendin het Provence aanbeveel as ‘n afskopplek vir ons afdraaipaadjies....
My verwagtinge van die Van Gogh-wêreld was reeds vooropgestel in ‘n collage van sonneblom, laventelvelde, olyfboorde , wingerde en antieke heuweltopdorpies. Dalk loop ek nog ‘n legendariese prins op ‘n wit perd raak as bonus! Die hoop beskaam mos nooit!
Ons sou via Parys na Marseilles toe vlieg . Daar sou ‘n rooi Citroentjie vir ons gereed gestaan vir ons wegbreek-week.
Op die Air France-vlug, ervaar ons alreeds ‘n tikkie Franse kultuur terwyl ons luister na die Franssprekende lugwaardin wat flink ons Rouge-wyntjie skink. Vanuit die vliegtuig kry ons al ‘n eerste blik oor die historiese ou Marseilles, die Meditereense hawestad.
Ons wou eers die afdraaipaadjies van die Luberon Nasionale Natuurpark vir vier dae lank gaan verken.Daarna sou ons die mooiste landskapskone dele van Provence in die Vaucluse, besoek.
Vanaf Marseilles-lughawe was ons eerste bestemming darem nie te ver nie, sowat 50 km na Mas de la Tour naby Rousillon, die pragtige oker-dorpie. In Provence is the mas of gites bekostigbare blyplekke soos ‘n tipiese plaasgastehuis of kothuis ,‘n goeie alternatief as jy die kontrei-leefstyl wil ervaar.
Hierdie deel van Provence is baie gewild onder vaardige fietsryers en stappers wat die Luberon-natuurgebied wil verken. Al die dorpies is feitlik fietsry-afstand van mekaar af geleë en verbind met spesiale fietsrypaadjies.
Orals om ons merk ons ou eeue-oue heuweldorpies met forte,soos by Gordes, Rousillon, Bonnieux, La Coste, en Menerbes. ‘n Mens ondergaan as’t ware ‘n tydsverplasing terug in die verlede as jy hier rondwandel.
Ons het gou agtergekom dat winkels en stalletjies eers teen elfuur op dreef kom en dat jy maar jou piekniek moet beplan om saam te val met die middag siesta wat ook hier streng beoefen word!
Markte word elke dag van die week in die somermaande om die beurt in dorpies gehou .Ons plan was om ons reisplan so volgens die markies aan te pas sodat ons elke dag ons vars voorraad kon aankoop. Die handige somer-markkalender was ‘n bonus.
Piekniek-versnaperinge aangekoop by kleurvolle padstalletjies het gewoonlik bestaan uit plaaslike produkte soos heuning, vye, kaas, spanspek, ham, olywe , tapenade, pâtes, varsgebakte Franse broodjies en Rose, Rose, en nogmaals Rose!
Hierdie piekniek-etes was essensieel en so spesiaal vir ons afdraaipaadjie-wegbreek. Skadu, gras en uitsig was die eenvoudige vereistes waaraan elke dag se spesiale piekniekplek moes voldoen.Ons dun lappieskombersie het handig te pas gekom.
Lourmarin was eerste op ons toerplan en is die mees suidelike bergtop dorpie in die sogenaamde Petit Luberon -natuurgebied.
Rousillon, die skilderagtige geel-en-rooi dorpie tussen die oker-gesteentes kontrasteer met die groen wingerde in die valleie wat dit omring. Hier kan ‘n mens die okerroete gaan stap, om die okermyn-terrein te besigtig. Die kleur van die rotse wissel van heldergeel tot oranje en die poeier wat gemyn is, was hoofsaaklik gebruik vir kleurstowwe.
Ons besoek aan die bekende Museum de Lavande in Coustellet gee ons weer opnuut respek vir die laventelbedryf. Ons word ingelig oor die verskil van lavender wat natuurlik in die veld voorkom en hoofsaaklik vir parfuum-olies gebruik word, of lavendin, die aangeplante weergawe, wat hoofsaaklik vir sepe en velprodukte gebruik word.
‘n Mens kry nuwe begrip vir die simbiose wat bestaan tussen die bye en lavender en het later te heerlik gesmul aan spesiale geurige laventelgeur-heuning wat daar verkoop word. Geselsies met die heuningverkopers oor hul byebedryf was besonder interessant.
Sault is die enigste area waar die velde tot in Augustus nog pers getooi is en ons besluit toe maar om daar ‘n wye draai te gaan maak.Daar kry ons toe ‘n heerlike onverwagte bonus . Behalwe vir die bekende lavender-fees en kontrei-markbedrywighede is dit ook bekend vir die jaarlikse fietsrytoer wat in die bergpasse van die Mont Vertoux-gebied plaasvind.
Die valleie is beplant met reguit rye lavender wat pragtig kontrasteer met die kronkelende bergpaadjie en die wit piek van Mount Vertoux in die verte. Kol–kol kry jy dan ook die komplimenterende kontras van goudgeel sonneblomlande. My kamera moes klik tot vervelens toe!
Gordes is vir my seker die indrukwekkendste van al die heuweldorpies. In die somer wemel die antieke dorpie van mense tussen kegelsteeggangetjies en straatkafeetjies . Daar kry ons toe sommer ‘n gratis wynproe van die area se bekendste wynprodusente.
Naby Gordes is die bekende klipdorpie met kliphuisies wat uit die tydperk 3 500 vC dateer. Net ‘n klipgooi van Gordes, êrens in ‘n vallei , op pad na nêrens, lê die bekende ou grys abdy van Senanque versteek. In teenstelling met die besige toeristestraatjies van Gordes, word mens hier dadelik oorval deur stilte en vreedsaamheid, dít wat menige monnik hier kom soek het.
L’Isle-sur-la-Sorgue is letterlik ‘n eiland in die Sorgue-river en spog met verskeie anieke waterwiele .Hierdie dorpie ondergaan oor naweke ‘n metamorfose as al die antiekware-versamelaars kom rondsnuffel vir allerande winskopies van tradisionele Franse linne, silwerware , meubels, porselein , en dies meer.
Die platboom-riviergondels word behendig beheer deur plaaslike vissermanne en sorg vir groot pret! Hier moet jy jou balans goed kan behou!
Kilometer-lange plataanlanings begelei jou op pad na St Remy van Van Goch-faam . Hier kan jy gerus die van Gogh-wandelroete stap en die skilderagtige omgewing as’ t ware uit Van Goch se oë sien..
Die ommuurde oustad van Avignon dateer uit die 14de eeu, en was die vesting van die Pous gedurende daardie tydperk. Ons hou piekniek en klink ‘n glasie in die koelte van die Romeinse akwadukt , of waterleidingsbrug.
Net suid van St Remy tussen die wit kalksteenrotse van die Alpilles, besoek ons ons voorlaaste bestemming op die sirkelroete terug na Marseilles. Les Baux is ‘n fort-dorp, steeds staande en bewoonbaar sedert die 10de eeu - letterlik een van die hoogtepunte op die roete. Hiervandaan het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Provencaalse platteland tot by die aangrensenge Camargue-gebied, bekend vir sy pragtige perde.
Somertyd is feestyd in Provence , soos die Cheval Blanc-perdefees in St Remy , musiek en teaterfeeste in Avignon en Orange, die wynfees by Chatenauf du Pape, die lavenderfees by Sault en die antiekware-fees by L’Isle-sur-la-Sorgue.
Op die smalste afdraaipadjies tussen die wingerde deur, wag daar soms die grootste verassings, soos die aantreklike fransman op sy cheval blanc (wit perd) wat ons ewe galant vaarwel toewuif met sy beret....
Ons laaste middag verwyl ons in pragtige Aix-en-Provence .Soos een poskaart dit beskryf het, is somer in Provence , poésie de couleurs (poesie in kleur!) Orals langs die pad het pers laventelbosse gepryk, en rooi klaprose aan die rande of tussen landerye was pragtig kontrasterend met die rye geel-op-geel sonneblom.
In Aix het ons gou koers gekry na Cours Mirabeau, die pragtige wye straat met skaduryke boomlanings. Orals het mense by straatkafees gesit en koffiedrink en gesels.
Ons kon ons verkyk aan winkels met vrolike groen-blou-geel Provencaalse lap en handwerk, met motiewe van sonneblom en ander inheemse flora. Geurige, gedroogte potpourri in bont materiaalsakkies was volop, handige geskenkies vir familie en vriende tuis.Op die sypaadjie by een winkel was ’n groot verskeidenheid keurige kunsplakkate uitgestal - Cezanne, Van Gogh, Matisse -’n moeilike keuse!
Op een straathoek het ons ’n ruk lank verwyl om te kyk hoe ’n groepie mans met hul karakteristieke Franse pette en kruisbande rustig rondstaan en boules (‘n rolbalvariasie) speel tydens hul etensuur.
Marseilles is ‘n kosmopolitiese hawestad en invloede van die Franse koloniale Afrika is oral herkenbaar. Die magdom seilbootjies in die ou hawe area is ‘n aanduiding van die groot Europese uittog in die somer na die populêre Mediterreense kus. Hoog teen die heuwel pryk ‘n indrukwekkende katedraal, die Notre Dame de la Garde, met sy goue beskermengel.
Hier smul ons toe vir oulaas aan die bouillaibaisse, ‘n ryk en geurige vissop-bredie. Salut, op ons somer in Provence!
Friday, 29 July 2011
Beiere
Dis weer Mei. Ek ervaar elke jaar hierdie tyd opnuut die sindroom van nostalgie – onverklaarbaar, maar onafwendbaar. Daar’s afwagting op daardie spesifieke oomblik van tintelende inspirasie, die instinktiewe wéét - dis nou weer tyd:
Dan, op ’n Saterdagmiddag sprei ek my atlas, reisboeke, brosjures en kalender oop óm my - reg vir die raakvat. Ek klim as’t ware sommer binne-in die kaart in en versink in ‘n besondere deel van Europa - die Duits-Oostenrykse grensgebied, bekend as die Alperoete van Bo-Beiere, ’n mosaïek van sneeubedekte bergpieke, glansende mere en vallei-gehuggies.
My huidige paspoort het nog net een blanko bladsy vir die nodige Schengen-visum voordat dit in 2007 verval. Daar is egter twee spesiale verjaarsdae om te gaan vier - iewers langs ’n stil paadjie op ’n mooi plek. Twee miniatuur wielietjie-reistassies staan reeds afgestof en geëtiketteer - gereed op die bevel, soos wafferse voetsoldate!
Gesoute reisigers is dit mos eens dat die voorbereiding vir reis ’n groot deel van die lekkerte daarvan uitmaak. Wanneer die besluit eers geneem is, begin die huiswerk in alle erns: die Internet word geraadpleeg vir verblyf en vervoer, dokumente en administrasie word voorberei en afgehandel - om nie te praat van verskeie lysies, brille en pille, diere-versorging, doen-nog-dit-en-dat, en dies meer nie!
Elke vakansie kry mos eers ’n raamwerk – dis die ‘ideaal’. Later staan mens terug en kyk na alles wat werklik binne die raam geskilder is – dis die ‘werklikheid’. Sou dit ’n meesterstuk wees, of teleurstelings inhou?
Laat ons maar by die ‘ideaal’ begin: Waarom weer Duitsland? Miskien is die keuse toe te skryf aan die gawe Duitse gemütlichkeit, die liefde vir die taal wat Herr Anton Bürke op hoërskool by my gekweek het, of moontlik is dit iets in my bloed, oorgeërf van my groot-grootvader aan moederskant iewers uit oos-Duitsland afkomstig.(Hieroor wag ‘n stuk stamboom-navorsing nog later op my!)
Die vars Europese lente het sekerlik veel met die keuse van bestemming te doene gehad - ’n 300 km-lang strook tussen die Chiemgau, Allgau en die Berchtesgadener-land wat ons in ‘n bestek van drie weke tydsaam en intiem wou verken. Tydens hierdie vakansietjie wou ons enige dringendheid van moet-en-moenie, onnodige haas en stres vermy; ons wou net luilekker ontspan (faulenzen, soos die Duitsers dit noem), ons verlustig aan die mooi omgewing, boot en kabelkar ry, koffie en bier drink, winkel-kyk en slegs uitsonderlike besienswaardighede besoek. Die absolute minimum in- en uitpak is beplan, derhalwe is slegs drie verblyfplekke uitgesoek.
“Ruhpolding? Nog nooit van so’n plek gehoor nie! Wat gaan doen ‘n mens daar?” - dít was gewoonlik die algemene reaksie van ons vriende en kennisse wat vooraf belangstellend na ons planne verneem het. Dáár waar Duitsland suidelik so ’n tepeltjie uitsteek in Oostenryk, naby die bekende Berchtesgaden, sou ons ’n week-lank nesskop in die Ferienwohnung Knoglerhof (60 Euro vir ‘n twee-slaapkamer vakansiehuis) van die gawe Maier-boeregesin.
Soos die spinnekop sy webterrein span, wou ons daagliks vanaf Ruhpolding (wat hoofsaaklik vir sy sentrale ligging uitgesoek is) in ’n radius van 100 km rondbeweeg en verken. Op ons lys vir die week was dagbesoekies aan die Königsee, Bad Reichenhall-spa, die Chiemsee-eilandjies en moontlik die mooi Salzkammergut.
Ooswaarts sou ons verder aan beweeg, verby die meergebiede van die Tegern, Kochel en Walchen tot by ons volgende web, die Alpspitzblick-vakansiehuis in Farchant, ’n ander klein dorpie net buite die Garmisch-Partenkirchen tweeling-gemeenskappies geleë. Farchant is uitgesoek weens sy ligging en toeganklikheid - naby Oberammergau van Passiespele-faam, Füssen met sy koning Ludwig II-feëkastele, die hoogste Zugspitz-piek, Mittenwald met sy geskiedenis van die viool-bedryf, sleg ‘n hanetree van die Oostenrykse Tirool.
By nabetragting tuis kry mens mos perspektief op die afgelope vakansie in die geheel gesien - die genotvolheid en flinkheid daarvan, tesame met nerf-af skaafplekkies hier en daar.
“ En hoe het alles toe werklik verloop? Was dit wat julle verwag het?”
Laat ons maar gou eers die bietjie slegte nuus afhandel ( daarvoor het ek sommer 2 uit 10 afgetrek!), naamlik die onvoorspelbare, wisselvallige lenteweer wat ons onverhoeds bekruip het. Sneeu in die somer, sowaar! Twee weke lank was dit elke dag ‘n bruilof van ‘jakkals trou met wolf se vrou’(Affenhochzeit); die konfetti wat tussen die sonstraaltjies deurgesif het, was dikwels ysreën of sneeuvlokkies. Soms het die kwik tot ‘n bytende vriespunt gedaal. Op al die foto’s verskyn ons in dieselfde klere, laag op laag ,oor en oor! Hierdie teleurstelling moes egter in ‘n positiewe lig benader word en ons het selfvertroostend daarna verwys as ons ‘topaas’-dae, loodgrys maar lieflik!
Die padvaste Mercedes Benz A 180 van Avis was baie lig op diesel en het hom goed van sy taak gekwyt op gladde paaie en teen steil bergpaaie. Ons wou ten alle koste die vinnige
Autobane vermy en het slegs sekondêre roetes uitgesoek - ook maar goed so - want oral was daar aanduidings van ellelange verkeersopeenhopings, of stau, wat ure se vertragings en gepaardgaande frustrasie meebring !
Die Ferienstrasse (vakansieroete) lei suidwaarts verby die ou stad Wasserburg wat in die omhelsing van die Inn-rivier lê. ‘n Lekker sappige brathendl is op ‘n stil rusplekkie langs die pad geniet ; teen laatmiddag het ons ons eerste nesskopplek, Ruhpolding, sonder slag of stoot bereik. Lekker tuisgebakte butterkuchen by die plaashuis Knglerhof het op ons gewag - ‘n gasvrye verwelkomingsgebaar vir “ unsere Gäste aus Kapstadt!”. Ons het ons skoene uitgeskop vir ‘n middagslapie ná die lang vlug en rit. Later sou ons wel uitgerus genoeg wees om die vriendelike Maier-gesin beter te leer ken , die plaaswerf-omgewing aan die voet van die Rauschberg te ondersoek, en ons gasheer en sy vrou met ‘n duisend vrae te peper.
Ons verblyf was goed gevarieer – die eerste vyf dae sou ons by hierdie gawe boereplaas-cum-gastehuis oornag (nogal met aangrensende koeistal!), vir twee dae aan die oewer van Tegernsee was ons kamers bokant die Lengmüller Cafe Konditorei en in Farchant het ons ‘n week lank tuisgegaan in ‘n goed-toegeruste en gerieflike vakansiehuis aan die buitewyke van die dorpie.
Vir elke dag was daar ‘n vooraf-beplande uitstappie. Die Berchtesgadenerland is ‘n idilliese landskap van kristalskoon mere en bergpieke, alombekend vir Hitler se hoogliggende ‘Arendsnes’, of Kehlsteinhaus, in die Watzman-berge. Deesdae is daar ‘n o.a. restaurant ingerig . Die Obersalzburg-museum bevat ‘n visuele rekonstruksie van die Hitler-regime se ondergrondse bunkerlewe, ens. Hier van bo-af was die Watzman ‘familie-pieke’ duidelik onderskeibaar. In ‘n vriendelike oop kerkie, 1781m hoog, word daar Sondae in somertyd glo nog gereeld bergdiens gehou!
‘n Besliste prioriteit vir ons was die bootrit op die asemrowende diepblou Königsee. Terwyl die meerboot geruisloos oor die stil water gly na die rooi koepelkapel van St Bartholomeu, tot by die Eiskapelle, ‘n oorhangende gletserkoepel, kan passasiers luister na die weerklank van ‘n flügelhorn blaasinstrument wat duidelik terugklank teen die hoë ravynwande.Besoekers kry ook die geleentheid om heerlike (peperuur!) forel-spesialiteite op die spyskaart uit te soek.
By Prien am Chiemsee aangekom, het ons oorgestap op die stoomtreintjie na Stock waar ons aan boord van die Chiemsee Schiffahrt se veerboot ‘n retoervaart kon onderneem tussen die twee geliefkoosde eilandjies van Ludwig II - die Herreninsel met sy ‘halfklaar’ Versailles-immitasie (Schloss Herrenchiemsee) en die naburige Fraueninsel met die pragtige wit Benediktynse Frauenwörth nonneklooster, ‘n goed-versorgde begraafplaas en tuine.
Ons Alperoete verder weswaarts in die rigting van Tatzelwurm het gekronkel deur digte groen woude; op sonnige dae was die blarekoepel met goud verglans en op reëndae was dit in die misterie van mistigheid gehul. Dit was nou sowaar Hansel en Gretel se wêreld! Orals was die sneeu aan’t smelt; watervalletjies het berg-af getuimel om bruisende bergstrome te vorm, en dié weer het op hul beurt saamgevloei in albastergroen riviere. Vanaf hoë uitkykplekke langs bergpasse, kon ons afkyk op diepliggende dorpies, soos Bayerischen Zell, Zirl en Ettal, lieflike Lilliputwêreld!
Orals langs die pad, op die onbegaanbaarste plekke, het ons energieke stappers met wandelstokke en veteraan fietsryers teëgekom wat die fris berglug en lieflike woudnatuur wou geniet, die reën ten spyt!
Klein opstalletjies rys sommer uit die groen lenteveld uit soos paddastoele, elkeen met ‘n netjies-gepakte houtstapel, watertrog, koeistal en baalstoortjies. Eienaardig genoeg was daar feitlik geen boere of arbeiders op die lande te sien nie, ook geen implemente behalwe sny- en baalmasjiene nie. Lekker vet koeie en skape het dikgevreet aan blommekos, halflyf in die malse gras verdwyn.
Die bekoring van die Bo-Beierse dorpies lê in hul individualiteit en ongekunsteldheid - plekkies soos Ruhpolding, Mittenwald, Oberammergau, Reit im Winkl, St Wolfgang - om maar enkeles langs ons roete te noem - het elkeen sy eie sjarme, ambience, karakter en unieke ligging, hoog teen ‘n berghang, diep onder in ‘n vallei, aan die oewer van ‘n meer, of in ‘n digte woud versteek. Sprokieland!
Algemene eienskappe is egter die besondere kunstige muurbeskildering (Luftmälerei), die alomteenwoordige Mei-pale met ‘n geskiedkundige tafereeltjie aangebring op elke dwarssport, houtgekerfde balkonne met bakke vol kleurvolle malvas, die tradisionele tragt kleredrag, cafe und konditorei. Houtsneewerk uit die kontrei, asook die heimat-handwerk was baie begeerlik , maar loerkoop was vir ons genoeg.
Bier (Zum Wohl!), bretzel , ham in enige denkbare vorm, kartoffelpuffers, sauerkraut en soetgebak- koekerasies is die stapelvoedsel van Beiere. Die lieflike vet skape en koeie op die groen weivelde word seker net aangehou vir melk, kaas en wol, want ‘n lekker skaaptjoppie of stukkie steak was so skaars en onverkrygbaar soos die spreekwoordelike hoendertande! Dit was egter aspersie-tyd en geurige spargel-geregte word op enige denkbare manier voorberei - op brood, sop, in souttert, as garnering by hoender en ham, en dies meer. Van die onweerstaanbare soetgebak, soos erdbeertorte en apfelkuchen moes ons daagliks ook ons rantsoen kry!
Verder weswaarts is ons verby die mooi plattelandse meergebiede van die Tegern, Kochel en Walchen na Garmisch Partenkirchen. Hierdie ‘siamese’ tweelingdorpies lê genestel in die Loisach-vallei aan die voet van die hoogste berg in die Duitse Alpe, die Zugspitze.
In hierdie geweste het ons tuisgegaan by ‘n rustige, piepklein dorpie, Farchant, waar ons vyfster-vakansiehuisie aan die rand van die dorpie geleë was. Ai, die lentevelde van Europa! Dit het my laat gryp na Annette Kast-Riedlinger se gediggie uit haar digbundel, Hautnah ist noch zu fern, wat ek kortliks en gedeeltelik aanhaal in maklik-verstaanbare, eenvoudige Duits:
Blumen Pflücken
mit dir
möcht’ ich
Schlüsselblumen pflücken
und Veilchen
Kornblumen
und Klatschmohn
ja, und Vergissmeinnicht
Füssen, in die suidelike Beierse Alpe, is die beginpunt van die Romantische Strasse en verleen toegang aan die ‘Koninklike driehoek’ van Neuschwanstein, Hohenschwangau en Linderhof - unieke storieboek-paleise waar Ludwig II se weelderige uitspattigheid en onmiskenbare obsessie met Wagner en die Franse koningshuis van Louis XIV duidelik merkbaar is. Altstadt Füssen self spog met ‘n interessante vioolmuseum, barokkloosters, abdye en ‘n gesellige winkel-wandellaan.
Gelukkig kon ons ‘n tydsame 5 Euro-perdekar naderwink vir die steil opdraandpad na die Marienbrücke oor die Pöllat-ravyn, die mooiste uitkykplek oor Neuschwanstein en Hohenschwangau, die twee hoogliggende ‘feëkastele’. By nadere ondersoek kon ons onsself net vergaap aan die weelde van die koepel-troonsaal, sangkamer met Wagner-atmosfeer, die kroonlugters van kristal en die allermooiste mosaïek-marmervloere. Hohenschwangau ondergaan tans restourasie en is vir besoekers ontoeganklik.
Linderhof-paleis daarenteen, in dieselfde omgewing, maar diep in die woud versteek, is miskien makliker toeganklik en rustiger. Buite bekoor die terrastuine, spuitfonteine en vywers en binne staan mens net verstom in die manjifieke Spieëlsaal en ander ryklik-versierde staatskamers.
Hoewel die impak van die oordaad in Ludwig II se vier Beierse paleise oorweldigend is, kan ek my algemene indrukke daarvan in ‘n neutedop saamvat: vergulde ricoco en barok versierings en beelde, delikate Meissen en Sevres-porselein van onskatbare waarde, kunstige parquet-houtinlegvloere, enorme spieëls en skilderye, glinsterende kristal kroonlugters, handgeweefde Vlaamse muurbehangsels, en die alomteenwoordige swaan en pou embleme. Spuitfonteine en simmetrie van tuin-uitleg herinner mens ook sterk aan die koninklike Europese paleise, Versailles en Schönbrunn. Beslis indrukwekkend, maar oorweldigend..
Iets waaroor ons steeds wonder, is hoe op dees aarde al die swaar marmerpilare, spieëls, kunswerke en skatte, asook ander geweldig baie boumateriaal, destyds sonder moderne tegnologie en masjinerie, die steil opdraandes berg-op vervoer kon gewees het.
‘Mal’ Koning Ludwig? Nooit as te nimmer nie! Hy het reggekry (teen ‘n ontsaglike prys natuurlik!) wat ons teenswoordige bouers en slim argitekte seker nie in hul wildste drome sal aanpak of sal kan namaak nie.
Vir nog ‘n klein dosis kultuur het ons gaan inloer by die Wêrelderfenis Wieskirche wat eenkant afgesonderd op ‘n oop groen veld staan, asook Ettal se barokklooster, waar ons beïndruk was met die tegniek van die skilderkuns aan die koepelplafonne, die fyn houtgekerfde altare en preekstoele, ‘n reeks magnifiek-vergulde orrelpype, skilderye en beelde van engele, madonnas , ander heiliges, en die intieme toegedrapeerde belydenis-hokkies. Daarbenewens kom mens sterk onder die indruk van die aanvoelbare eerbied en piëteit; Protestant of te nie, jy voel die drang om ‘n kersie te koop en aan te steek vir iemand daar vér, iéwers..................
Naby Innsbruck, oorgrens in die Oostenrykse Tirool, lê die Swarovski-kristalaanleg Kristalwelten. Hier is ons verrassend verwelkom deur ‘n legendariese liggende Reus (eintlik ‘n kreatiewe mensgemaakte heuwel) uit wie se oop bek ‘n sterk bruisende waterval stroom. Saam met fonteine wat oorkruis spuit, vorm dit ‘n reeks pragtige reenboë. Twee glinsterende geel kristal-oë hipnotiseer jou – jy voel ‘n drang om nader te tree en ondersoek te gaan instel in sy donker grot-ingewande om te sien watter aanloklikhede hy vir jou verberg!
Binne-in betree jy ‘n reeks pikdonker kamers waar allerlei uitgestalde kristalkunswerke verblindend skitter. Onder ‘n massiewe spieëlkoepel word elke beweging meer as ‘n duisend keer gereflekteer, glasgange word verhelder met kristalweerkaatsings, teen die vloer en mure verskyn vloeiende ‘droomskrif’ en dansende fantasiefigure. Dit is ‘n kaleidoskoop van lig, klank en kleur wat jou sintuie tot die uiterste beproef. Jy staan suf en oorbluf , maar net voordat jy ‘n flikkerende migraine-aanval wil kry, word jy beloon met ontvlugting na die helder oop vertoonlokaal van Swarovski-kristal . Jy waag dit weer om asem te haal! Willoos en weerloos maak jy jou beursie maar oop vir ‘n piepklein kristalletjie.Vir die mooiste kristal sal jy egter die hoogste prys moet betaal !
Wat die weer betref, het die hoop egter nie beskaam nie! Met die eerste verskyning van ‘n handvol sonstrale na dae lank se reënweer, het ons die helder dag spreekwoordelik gegryp. Die sneeuwit reeks pieke het afgeëts gelê teen die vars blou lug. Letterlik en figuurlik gesproke sou die bestyging van die Zugspitze en Alpspitze gedurende hierdie laaste paar dae die hoogtepunt van ons Alpe-vakansie wees.
Per rattreintjie is ons vanaf Garmisch na die Eibsee, deur ‘n 4 km lang uitgeholde tonnel in die bergwand, toe laastens per kabelgondel bo-oor die hoogste boomtoppe en berg-voetslaanpaadjies (waar houtgekerfde diertjies as wegwysers aangebring is), die steilte uit tot by die Gipfel. ‘n Mens kan op ‘n helder dag ver oor die grense van vier lande kyk - Switzerland, Duitsland, Oostenryk en Italië. Ons het diep spore in die 15 cm dik sneeu getrap om foto’s bo van die kruin te kon neem. Warm sjokoladedrankies het die ysige koue van benede vriespunt gou uit ons lywe verdryf.
Toe op ‘n helder dag moes ek ‘n variasie op ‘n ou wysie neurie -“ ek groet vir laas my sneeuwit berge.....” Die tyd het aangebreek om weer soos die swaels suidwaarts terug te keer na warmer tuistes.
Somervaart na Sicilie
Somervaart na Sicilië en Sardinië
Advertensies van luukse passasierskepe in die Middellandse See lyk altyd so aanloklik, maar teen minstens R1000 per dag per persoon, bo en behalwe die vliegkaartjie en koste van daguitstappies in elke hawe, is dit heelwaarskynlik buite bereik vir die mens met 'n groot reislus, maar 'n gemiddelde inkomste. Die alternatief is 'n doen-dit-self veerbootvakansie wat jou in elk geval meer vryheid sal bied.
Wat dan van die bekoorlike, maar minder bekende eilande, Sardinië en Sicilië, op die Tirreense drumpel van Italië? Besluit op die seisoen wat jou pas en bespreek jou vlug na Milaan of Rome. Sorg self vir 'n geldige paspoort en die vereiste Schengen-visum wat van die Italiaanse konsulaat in Kaapstad verkry kan word. Behalwe 'n reisboek en kaart van hierdie twee Italiaanse eilande, het jy slegs 'n kajuitgroot-reistassie, genoeg Euro's, 'n avontuurlus en sin vir humor nodig.
Nadat 'n mens afgestap het by Taormina Giardini-stasie kan jy 'n paar dae iewers sentraal naby die hoofstraat Corso Umberto of in die nabygeleë oord van Giardini-Naxos tuisgaan, na willekeur op strande rondluier of per bus en boot rondjakker. 'n Unieke belewenis is 'n besoek aan die Etna-krater wat per bussie moontlik gemaak word.
Die volgende interessante been is vanaf Messina per trein na Palermo vir die veerbootrit na die hoofstad en hawe, Cagliari , aan die suidpunt van Sardinië, die tweede grootste eiland van Italië. Hier kan 'n dag deurgebring word in die Castello, die ou middeleeuse stadkern met sy interessante (gratis!) argeologiese museum , voordat jy weer op die trein spring noordwaarts. Die Costa Smeralda aan die noordooskus sal jou derde bestemming wees vir 'n week se ontspanning en uitstappies, bv. na die pragtige Maddalena-eilande.’n Groot verskeidenheid verblyf is beskikbaar, maar jy sal tog ongesiens kan skouer skuur teen rykes en "celebrities" wat ook by hul geliefkoosde speelplek uithang!
Weswaarts via Sassari, lê Alghero met sy eg-Katalaanse (nogal Spaanse!) karakter, ook per bus of trein bereikbaar en waarvandaan jy 'n bootritjie na die pragtige seegrot-formasies, Grotto di Nettuno, kan onderneem. Beide dorpe is bekend vir hul uitstekende seekos-eetplekkies.
Wanneer die terugtog huistoe aangepak moet word, staan jy weer voor 'n keuse: vanaf die noordelike Porto Torres-hawe is dit per Tirrenia-veerboot terug na Genoa vir eindpunt Milaan, of vanaf die oostelike Golfo Aranci-hawe na Civitavecchia-hawe en Rome se Termini-stasie .Daar is daagliks verskeie veerbote heen en weer.
Knapsakreisigers kan die toeristekantoor op stasies raadpleeg vir verblyf wat hul sak sal pas, verkieslik naby die busdepot of stasie indien jy nie bereid is om ‘n motor te huur nie. 'n 4-dag Trenitalia-treinpas is voldoende vir die nodige treinritte (vanaf Rome suid en noordwaarts deur Sardiniê) en is vooraf verkrygbaar by World Travel, Kaapstad : www.worldtravel.co.za. Dit is ook vir die veerboot terug na Civitavecchia geldig. Vir fynere beplanning kan veerbootskedules vooraf van Internet-webwerwe afgelaai word.
Slaan jou kaart van Italië vandag nog oop en begin huiswerk doen oor jou droom-eiland vakansie in 2012!
Lekker reis!
Advertensies van luukse passasierskepe in die Middellandse See lyk altyd so aanloklik, maar teen minstens R1000 per dag per persoon, bo en behalwe die vliegkaartjie en koste van daguitstappies in elke hawe, is dit heelwaarskynlik buite bereik vir die mens met 'n groot reislus, maar 'n gemiddelde inkomste. Die alternatief is 'n doen-dit-self veerbootvakansie wat jou in elk geval meer vryheid sal bied.
Wat dan van die bekoorlike, maar minder bekende eilande, Sardinië en Sicilië, op die Tirreense drumpel van Italië? Besluit op die seisoen wat jou pas en bespreek jou vlug na Milaan of Rome. Sorg self vir 'n geldige paspoort en die vereiste Schengen-visum wat van die Italiaanse konsulaat in Kaapstad verkry kan word. Behalwe 'n reisboek en kaart van hierdie twee Italiaanse eilande, het jy slegs 'n kajuitgroot-reistassie, genoeg Euro's, 'n avontuurlus en sin vir humor nodig.
Twee ideale afspringplekke is Genoa of Rome, eersgenoemde omdat dit per trein vanaf Milaan ('n SAL-bestemming) bereikbaar is vir die veerboot na Porto Torres in die noorde van Sardinië, of tweedens, vanaf Rome per trein of veerboot na Sicilië. Daar is orals gesinkroniseerde vervoer:busse, treine en veerbote. Jy moet net die vrymoedigheid aan die dag lê om by 'n toeriste-kantoor te gaan vra - almal verstaan darem Engels in minder of meerdere mate!
Ons kies laasgenoemde bloot omdat dit kloksgewys 'n sirkelroete volg.
'n Sirkelroete kan maklik en gerieflik binne bestek van drie weke met 'n 'drie-sprong' gevolg word. Vanaf Stazione Termini in Rome neem jy 'n trein suid na Napels se hoofstasie Napoli Centrale, klim oor op die sylyn Circumvesuviana na Sorrento, jou eerste bestemming.

Bly 'n paar dae lank in bekostigbare verblyf van jou keuse naby die stasie en busdepot. Dit gee jou die geleentheid om die Sorrentynse skiereiland se asemrowende Amalfi-kuspad per plaaslike bus te verken, die nabye eilande Capri en Ischia per hydrofoil te besoek en die interessante Sorrento-dorp deeglik te leer ken - dis mos jóu Italian Holiday! Pompeii en Vesuvius is ook bereikbaar hiervandaan.
Terug na Napels vir die aansluitingstreinrit waar jy op 'n sneltrein suidwaarts sal reis, al langs die stewel van Italie af, tot by Villa San Giovanni om die veerboot oor die Straat van Messina te haal. 'n Halfuur verder suid per trein vanaf Messina, lê Taormina (die klem op die -'mi), jou tweede besondere bestemming aan die voet van die vuurspuwende berg Etna. Taormina is Sicilië se spog-kusoord wat bekendheid verwerf het weens sy besondere Siciliaanse ambience en landskapskone ligging, welige Mediterreense plantegroei (selons, bougainvilla,amandel en olyf ) , antieke Griekse teater, pragtige marmer palazzi en kerke, wit strande en versteekte inhamme.
Terug na Napels vir die aansluitingstreinrit waar jy op 'n sneltrein suidwaarts sal reis, al langs die stewel van Italie af, tot by Villa San Giovanni om die veerboot oor die Straat van Messina te haal. 'n Halfuur verder suid per trein vanaf Messina, lê Taormina (die klem op die -'mi), jou tweede besondere bestemming aan die voet van die vuurspuwende berg Etna. Taormina is Sicilië se spog-kusoord wat bekendheid verwerf het weens sy besondere Siciliaanse ambience en landskapskone ligging, welige Mediterreense plantegroei (selons, bougainvilla,amandel en olyf ) , antieke Griekse teater, pragtige marmer palazzi en kerke, wit strande en versteekte inhamme.
Die volgende interessante been is vanaf Messina per trein na Palermo vir die veerbootrit na die hoofstad en hawe, Cagliari , aan die suidpunt van Sardinië, die tweede grootste eiland van Italië. Hier kan 'n dag deurgebring word in die Castello, die ou middeleeuse stadkern met sy interessante (gratis!) argeologiese museum , voordat jy weer op die trein spring noordwaarts. Die Costa Smeralda aan die noordooskus sal jou derde bestemming wees vir 'n week se ontspanning en uitstappies, bv. na die pragtige Maddalena-eilande.’n Groot verskeidenheid verblyf is beskikbaar, maar jy sal tog ongesiens kan skouer skuur teen rykes en "celebrities" wat ook by hul geliefkoosde speelplek uithang!
Weswaarts via Sassari, lê Alghero met sy eg-Katalaanse (nogal Spaanse!) karakter, ook per bus of trein bereikbaar en waarvandaan jy 'n bootritjie na die pragtige seegrot-formasies, Grotto di Nettuno, kan onderneem. Beide dorpe is bekend vir hul uitstekende seekos-eetplekkies.
Wanneer die terugtog huistoe aangepak moet word, staan jy weer voor 'n keuse: vanaf die noordelike Porto Torres-hawe is dit per Tirrenia-veerboot terug na Genoa vir eindpunt Milaan, of vanaf die oostelike Golfo Aranci-hawe na Civitavecchia-hawe en Rome se Termini-stasie .Daar is daagliks verskeie veerbote heen en weer.
Knapsakreisigers kan die toeristekantoor op stasies raadpleeg vir verblyf wat hul sak sal pas, verkieslik naby die busdepot of stasie indien jy nie bereid is om ‘n motor te huur nie. 'n 4-dag Trenitalia-treinpas is voldoende vir die nodige treinritte (vanaf Rome suid en noordwaarts deur Sardiniê) en is vooraf verkrygbaar by World Travel, Kaapstad : www.worldtravel.co.za. Dit is ook vir die veerboot terug na Civitavecchia geldig. Vir fynere beplanning kan veerbootskedules vooraf van Internet-webwerwe afgelaai word.
Slaan jou kaart van Italië vandag nog oop en begin huiswerk doen oor jou droom-eiland vakansie in 2012!
Lekker reis!
Skandinawiese smorgasbord
Smorgasbord
Hier op my bord lê my hartsindrukke - 'n haring-southappie uit Denemarke, 'n salm-en-roomkaasbroodjie uit Swede en 'n hele mondvol peperduur kaviaar uit Noorweë. Kom proe gerus saam! Wanneer 'n mens reisherinneringe oproep, sif jou brein mos die koring van die kaf en lê die beste 'happies' voor. In 'n smorgasbord saamgevat, is die noorderlande van Skandinawië bekend vir manjifieke fjords, ysblou gletsers , diep ravyne, woudland en mere.
Individueel het hierdie drie Vikinglande egter elk sy eie karakter, kultuur en bekoring.'n Reisgids kan 'n toer maak of breek. Gelukkig was Monica van Insight se veertiendaagse Fjordland-toer, intelligent, en belese, en haar kommentaar oor koningshuise, Nobelverrigtinge , feestelikhede en wintersport, humoristies en omvattend. Anderhelfte, Hans, is my reismaat en geesgenoot. Ons verskil in temperament, maar deel 'n reispassie wat skrik vir niks!
Elke reis is 'n 'harts-tog' vir ons - vérreikend, verrykend, vernuwend , verslawend - immer onvoltooid. Horisonne verskuif mos hoe verder jy reis. Ons twee jeukvoetiges reis lig, loshande en met ontvanklike harte; ons maak maklik vriende met mede-reisigers, vele met wie ons steeds oor kontinente heen elektronies korrespondeer.
Ek skerts tong-in-die-kies dat ons nie duur Persiese tapyte, of silwer eetgerei besit nie omdat ons belê in vliegkaartjies Europa toe. Skandinawië was nog altyd buite ons bereik omdat dit so peperduur is en die taal onverstaanbaar, maar met komplimentêre vliegkaartjies in die hand, kon ons die atlas en paspoorte nadertrek.
" daar's 'n storie
tydgestol
in amber ,warm teen my wang;
in misterie van harpuis
lê my hunkering ook vasgevang"
Skandinawië is by uitstek Storieland - uit lang wintersnagte in hierdie noorderlande is stories gebore wat deur oorvertelling eeue lank bly voortleef het - sprokies van Hans Andersen, Viking-sagas, Kontiki-reise, Trol-legendes. En ek is in wese mos maar Storiekind.

Dit is Mei , laatlente in Denemarke, bakermat van sprokiesverteller Hans Christian Andersen. Ons toergroep kom bymekaar by Saga-hotel (gepas vernoem na 'n verhaal van Skandinawiese oorsprong), loopafstand van die hart van Kopenhagen. "Skål"! Carlsberg-bierglase klink oor 'n gesellige kenmekaar-tafel in Tivoli-ontspanningspark. Buitelug-orkeste lui die somer vrolik in.
Ons kuddetjie toeriste loerkoop onder sambrele langs Strøget, die keisteenwandelstraat tussen ou stadspleine met blommeverkopers en vryskut-kunstenaars wat om aalmoese bie. Begeerlike Royal Copenhagen-porselein en Georg Jensen -eetgerei is peperduur! Hans bederf my egter goedgunstiglik met 'n unieke stukkie amber vir ons huweliksherdenking! In die gomsteen is 'n blaartjie gefossileer.
Vanaf Nyhavn-kanaal met waterkantkroegies, tatoeëer-boetieks, en ‘sardientjie’-houtwonings, onderneem ons 'n kanaalbootrit. Die kaptein van Fyrskib-boot wink Hans nader om te kom stuur. Hy’s heel in sy skik, bootmanskeps en al! Ons vaar onderdeur brûe, verby ou Deense geboue en kerke van historiese belang op Christianshavn, die Slottsholmen- seremoniële kaai, en Gamla Stan-vismark. Eriksen se Lille Havfrue-meerminbeeldjie op Langelinie-kaai (opgerig ter ere van Andersen) is die nie-amptelike landmerk van Kopenhagen en het glo al tweekeer letterlik kopverloor!
Ons Kopenhagen-besigtigingstoer sluit besoeke in aan koninklike paleise - Christiansborg, Rosenborg en Amalienborg van Koningin Margrethe II van Glücksborg. By aanskoue van die kroonjuwele, kristal , porselein, en ameublement hang ons monde oop. Soveel luuksheid darem? Sonde!

My hartewens word bewaarheid by Odense waar ons die museumhuisie van storieman Hans Andersen kan besigtig! Ek word weer storiekind tussen ou manuskripte , tekeninge, papierknippatrone en kinderboeke. Na ‘n besoek aan die opelug-museumdorpie, Den Fynske Landsby, met eenvoudige plaashuisies in tipies-Deense stabbur-boustyl, stem ons saam dat dit beslis swaarkrydae moes gewees het sonder sonskyn of elektrisiteit.
'n Entjie verder kry 'n paar fikses onder die ons die geleentheid om een van die antieke Viking-grafheuwels te beklim.
In dié wonderwêreldjie van Legoland eien mens internasionaal-bekende geboue en landmerke. Soos Gulliver deur Lilliput stap ek reusetreë deur miniatuur weergawes van herkenbare landmerke in Wes-Europa, Midde-Ooste, en Amerika - alles aanmekaargesit met oulike agtknoppie-boublokkies wat netjies inmekaarpas. Oupa Hans soek 'n stelletjie uit vir Kleinman Pierre.
Monica gesels onderhoudend oor die 1000 jaar-oue Viking-handelspad. By Frederikshavn aangekom , kies Hans koers hawebedrywighede toe, terwyl ek my reisdagboek opdateer. Ons oornag in Jutlandia-hawehotel alvorens ons met die Carisma-veerboot oor Kattegat na Gothenburg in Swede vaar.
Ons bring 'n gesellige oggend deur tussen kleurvolle bote en vrypostige seevoëls langs die seefront van die hawestad Gothenburg. Op die onthaal-dekruimte van 'n ou vasgemeerde boot kry ons smorgasbord van krap-, paling-, en haring-happies, op aptytwekkende oopbroodjies. Heerlik!"Sverige, lagom" – Ja, Swede is ‘okei’.
Die roete binneland toe vleg verby mere, fluweelgroen landbouvelde en houtplaashuise (tradisioneel Falun-rooi met wit omraamde vensters), elk met appelbome, bessiebosse en tulptuintjies. Die manne sien industrieë raak: Ericssons, Volvo, Saab en Husqvarna en tel die saagmeulens en vuurhoutjie-fabrieke. Die meerdorpie Grenna, is sentrum vir die polkagris kokerij waar ons dames belangstellend toekyk hoe veelkleurige pepermentstafies behendig gekleur, gerol, geknip word. Netjies toegedraai in glanspapier, is dit 'n spesiale geskenkie vir iemand tuis.
Die serene stad Stockholm staan bekend as 'die stad tussen brûe', of 'drywende stad'. Hierdie idilliese stadsomgewing beslaan 'n argipel kudde-eilandjies, waterweë en bruggies.
Die 'oustad' Gamla Stan op Riddarsholm-eiland, het sy middeleeuse atmosfeer behou, deels weens die afwesigheid van voertuie, andersyds weens die trots van die Swede op hul erfenis. Vir my (met moeilike voete!) is Stockholm darem stapbaar ; besienswaardighede is nabymekaar, soos die Kungsträdgärden met spuitfonteine, en die Stockholm-katedraal met sy uitmuntende houtgekerfde altaar. 'n Absolute hoogtepunt vir ons is die beroemde 'Goue Saal' in Stadshuset waar luisterryke Nobelprys-seremonies voltrek word. Historiese frescoes teen die mure is uitgelê in derduisende goudkleurige mosaïek-teëltjies. Kameras mag nie hier flits nie!
Nêrens word die Viking-geskiedenis en skeepsboukundigheid so besonderlik geïllustreer as in Vasa-museum nie. Die manne vind dit fassinerend, maar vir my is alles te oorweldigend. Hierdie massiewe museum bevat die gebergte oorlogskip wat drie eeue lank onderwater versteek gelê het. Na jarelange se berging-prosedures en restourasie, word hierdie opgeknapte skip saam met allerlei interessante skeepsgebruiksartikels in die temperatuur- en vogtigheidsbeheerde museum uitgestal.
Langs die pad lig Monica ons in oor Uppsala se historiese kroningskatedraal. Ou boomstomp-kerkskatkiste, hout-kerkkloktorings, antieke 'kerkbote', "May-poles" vir lentefeesvieringe, kürbitz-geverfde voordeure, identifiserende figuurtjies van klip op skoorstene, maak unieke foto's vir my reisalbum!
Nusnäs is bekend vir handgekerfde Dalahäste-houtperdjies, by internasionale handelsuitstallings gebruik as simbool van Swede. Hans kiek my bo-op die ‘Reuseperd van Dalärna’! (Hierdie foto pryk later op die buiteblad-collage van my reisjoernaal.)
'n Glasie bloubessiesap verwelkom ons by die Noorse grens - die ys is gebreek en toerlede gesels 'n 'takbok-uit-‘n-bos'!
Die koel somertemperatuur en lang dae is bewys dat ons naby die arktiese sirkel is. Hoog in die berge lê die sneeu nog dik en teen die hange vorm smeltende sneeu nat sebrastrepe. Ek lyk soos 'n regte trol-dwergvrouthie teen die hoë wal sneeu langs die bus! Só verblindend-helder weerkaats die son, dat ons gou donkerbrille opdiep!
Fjordland is 'n asemrowende gebied van gletsers en tuimelende watervalle uit die hoë sneeubedekte granietgesteentes. Ver onder in skeurvalleie lê die pragtige fjordinhamme. Ek haal aan oor die Noorweegse fjordland: "No amount of anticipation and no photographs can ever prepare the traveler for the real thing!" Dit is inderdaad so - die stilte en dramatiese natuurskoon laat 'n mens stil én stom. Hans wikkel sy arm om my lyf....
Hoog bo by Flydalsjuvet-uitkykpunt hou die busbestuurder stil sodat ons die asemrowende skoonheid van die Geiranger-fjord en sy oewerdorpie kan inneem. Die son loer uit - ons vat hande met die Skepper - hoe kan ons anders as om ons seëninge te tel! 'n Veerbootrit oor die spieëlgladde fjord sluit 'n fantastiese dag af.
Hout-berghutte, die Sewe Susters-waterval, mooi wit passasiersbote wat geruisloos die water verbygly, en fantastiese weerkaatsings op die rimpelvrye watervlak, dra alles daartoe by om hierdie dag onvergeetlik te maak. In valleie ry ons deur woude bergvarings, bosse wit kantblomme tussen pienk en pers lupine, verby takbokhorings bo-aan plaasvoordeure, salm-teelplase met winter-fiskehütte, weidende bergbokke met klokke en mooi stewiggeboude, geelbruin fjordperde.

Bergen, in ou Hansa-vissershawe met Wêrelderfenisstatus is strategies geleë op 'n skiereiland aan die voet van sewe heuwels. In gerestoureerde, antieke hout-handelshuise word boetieks, kunsgalerye en klein museums bedryf. Hans kies koers na die ou Torget-vismark met sy verskeidenheid seekos, terwyl die winkels vir my wink. Pragtige takbokvel-pantoffels trek my aandag. Ander begeerlike ware is mooi pewter en silwer eetgerei met tradisionele Viking-motiewe. Ek soek 'n spesiale Nordstrikk-woltrui uit in rooi-grys-wit.
Die Trolstigen-haarnaaldpad en steil Flämsbana-treinspoor, al langs die fjords en deur vele bergtonnels, is vir almal wonderlike belewenisse. Aan die voet van Twinvoss-dubbelwaterval gaan skep Hans vir my van die 'verjongende water' - die hoop beskaam mos nooit vir "Lank sal ons lewe!"
Oslo is ons laaste bestemming - 'n moderne 'kleinstad' met voetgangersones, parke en paleise. Die spognaam, "Stad van Goud", verwys trots na talle goue medaljes wat deur kranige Noorweërs by Olimpiese Winterspele verower word.
Hans is beïndruk met die mooi hawegebied en seiljagmarina met Norge, die koninklike jag; ek is meer ingestel op die goedversorgde tuine en ambassadeurswonings, asook die Aula-saal waar die Nobelprys vir Vrede jaarliks toegeken word aan verdienstelikes.
Die kersie op ons Skandinawiese koek is Vigelandpark, bekend vir die lewenswerk van die Rodin-geïnspireerde beeldhouer, Gustav Vigeland, wat die lewensiklus en -fases van die mens in honderde naak-beeldhouwerke van graniet en brons weergegee het. 'n Besoek aan hierdie indrukwekkende 'lewensmonument' was emosioneel absoluut 'n hoogtepunt. Rug aan rug (darem mét klere aan) sit ons en pose vir 'n herdenkingsfoto!
Van die maritieme museumkompleks op Bygdöy-skiereiland kon ons ons nie wegskeur nie .'n Uur se besigtigingstyd is beslis te kort vir die Kontiki-museum met Thor Heyerdahl se outydse balsabote. Drie goedbewaarde Viking 'grafskepe' met gebruiksartikels vir belangrike of welvarende mense van weleer, toegepak met lae turf, en so bewaar vir die lang 'slaap van eeue', is netso interessant. Die Norsk Folkenmuseum vertoon Noorse husflieden, Laplandse Sami-kultuurartikels en veelkleurig-geborduurde volksdrag-kostuums. Vir oulaas skaf ek 'n paar bekostigbare aandenkings aan.
Wat ons oor die algemeen van Skandinawie beïndruk het, was die mense se netheid en flinkheid, hoë lewenstandaard en welvaart, die gesinkroniseerde publieke vervoer, goeie paaie, goedversordge kerkhoffies en afwesigheid van rommel en misdaadbedreiging.

"Jag ärs glad när solen skinen" – ons is darem ook dankbaar vir sonskynweer hier in die koue Noorde!
Ten slotte dan, ons reisfilosofie : Reis hou die romantiek van ontvlugting in, die ontdekking van dit wat ánders is, ontmoeting van vreemdeling-vriende, en ingesteldheid op alles wat sintuiglik waardeer kan word.

'n Skandinawiese smorgasbord" daar's 'n storie
tydgestol
in amber ,warm teen my wang;
in misterie van harpuis
lê my hunkering ook vasgevang"
Skandinawië is by uitstek Storieland - uit lang wintersnagte in hierdie noorderlande is stories gebore wat deur oorvertelling eeue lank bly voortleef het - sprokies van Hans Andersen, Viking-sagas, Kontiki-reise, Trol-legendes. En ek is in wese mos maar Storiekind.
Ek skerts tong-in-die-kies dat ons nie duur Persiese tapyte, of silwer eetgerei besit nie omdat ons belê in vliegkaartjies Europa toe. Skandinawië was nog altyd buite ons bereik omdat dit so peperduur is en die taal onverstaanbaar, maar met komplimentêre vliegkaartjies in die hand, kon ons die atlas en paspoorte nadertrek.
Anderhelfte, Hans, is my reismaat en geesgenoot. Ons verskil in temperament, maar deel 'n reispassie wat skrik vir niks! Elke reis is 'n 'harts-tog' vir ons - vérreikend, verrykend, vernuwend , verslawend - immer onvoltooid. Horisonne verskuif mos hoe verder jy reis. Ons twee jeukvoetiges reis lig, loshande en met ontvanklike harte! Ons maak maklik vriende met mede-reisigers, vele met wie ons steeds oor kontinente heen elektronies korrespondeer.
Dit is Mei , laatlente in Denemarke, bakermat van sprokiesverteller Hans Christian Andersen. Ons toergroep kom bymekaar by Saga-hotel (gepas vernoem na 'n verhaal van Skandinawiese oorsprong), loopafstand van die hart van Kopenhagen. "Skål"! Carlsberg-bierglase klink oor 'n gesellige kenmekaar-tafel in Tivoli-ontspanningspark. Buitelug-orkeste lui die somer vrolik in.
Ons kuddetjie toeriste loerkoop onder sambrele langs Strøget, die keisteenwandelstraat tussen ou stadspleine met blommeverkopers en vryskut-kunstenaars wat om aalmoese bie. Begeerlike Royal Copenhagen-porselein en Georg Jensen is peperduur! Hans bederf my egter goedgunstiglik met 'n unieke stukkie amber vir ons huweliksherdenking! In die gomsteen is 'n blaartjie gefossileer.Hier op my bord lê my hartsindrukke - 'n haring-southappie uit Denemarke, 'n salm-en-roomkaasbroodjie uit Swede en 'n hele mondvol peperduur kaviaar uit Noorweë. Kom proe gerus saam!
Wanneer 'n mens reisherinneringe oproep, sif jou brein mos die koring van die kaf en lê die beste 'happies' voor. In 'n smorgasbord saamgevat, is die noorderlande van Skandinawië bekend vir manjifieke fjords, ysblou gletsers , diep ravyne, woudland en mere. Individueel het hierdie drie Vikinglande egter elk sy eie karakter, kultuur en bekoring.'n Reisgids kan 'n toer maak of breek. Gelukkig was Monica van Insight se veertiendaagse Fjordland-toer, intelligent, belese, berese en haar kommentaar oor koningshuise, Nobelverrigtinge , feestelikhede en wintersport, humoristies en omvattend.

Vanaf Nyhavn-kanaal met waterkantkroegies, tatoeëer-boetieks, en ‘sardientjie’-houtwonings, onderneem ons 'n kanaalbootrit. Die kaptein van Fyrskib-boot wink Hans nader om te kom stuur. Hy’s heel in sy skik, bootmanskeps en al! Ons vaar onderdeur brûe, verby ou Deense geboue en kerke van historiese belang op Christianshavn, die Slottsholmen- seremoniële kaai, en Gamla Stan-vismark. Eriksen se Lille Havfrue-meerminbeeldjie op Langelinie-kaai (opgerig ter ere van Andersen) is die nie-amptelike landmerk van Kopenhagen en het glo al tweekeer kopverloor!
Ons Kopenhagen-besigtigingstoer sluit besoeke in aan koninklike paleise - Christiansborg, Rosenborg en Amalienborg van Koningin Margrethe II van Glücksborg. By aanskoue van die kroonjuwele, kristal , porselein, en ameublement hang ons monde oop. Soveel luuksheid darem?

Sonde!
My hartewens word bewaarheid by Odense waar ons die museumhuisie van storieman Hans Andersen kan besigtig! Ek word weer storiekind tussen ou manuskripte , tekeninge, papierknippatrone en kinderboeke. Na ‘n besoek aan die opelug-museumdorpie, Den Fynske Landsby, met eenvoudige plaashuisies in tipies-Deense stabbur-boustyl, stem ons saam dat dit beslis swaarkrydae moes gewees het sonder sonskyn of elektrisiteit.
'n Entjie verder kry 'n paar fikses onder die ons die geleentheid om een van die antieke Viking-grafheuwels te beklim.
In dié wonderwêreldjie van Legoland eien ek internasionaal-bekende geboue en landmerke. Soos Gulliver deur Lilliput stap ek reusetreë deur miniatuur weergawes van herkenbare landmerke in Wes-Europa, Midde-Ooste, en Amerika - alles aanmekaargesit met oulike agtknoppie-boublokkies wat netjies inmekaarpas. Oupa Hans soek 'n stelletjie uit vir Kleinman Pierre.
Monica gesels onderhoudend oor die 1000 jaar-oue Viking-handelspad. By Frederikshavn aangekom kies Hans koers hawebedrywighede toe, terwyl ek my reisdagboek opdateer. Ons oornag in Jutlandia-hawehotel alvorens ons met die Carisma-veerboot oor Kattegat na Gothenburg in Swede vaar.
Ons bring 'n gesellige oggend deur tussen kleurvolle bote en vrypostige seevoëls langs die seefront van die hawestad Gothenburg. Op die onthaal-dekruimte van 'n ou vasgemeerde boot kry ons smorgasbord van krap-, paling-, en haring-happies, op aptytwekkende oopbroodjies. Heerlik!"Sverige, lagom" – Ja, Swede is ‘okei’.
Die roete binneland toe vleg verby mere, fluweelgroen landbouvelde en houtplaashuise (tradisioneel Falun-rooi met wit omraamde vensters), elk met appelbome, bessiebosse en tulptuintjies. Die manne sien industrieë raak: Ericssons, Volvo, Saab en Husqvarna en tel die saagmeulens en vuurhoutjie-fabrieke. Die meerdorpie Grenna, is sentrum vir die polkagris kokerij waar ons dames belangstellend toekyk hoe veelkleurige pepermentstafies behendig gekleur, gerol, geknip word. Netjies toegedraai in glanspapier, is dit 'n spesiale geskenkie vir iemand tuis.
Die serene stad Stockholm staan bekend as 'die stad tussen brûe', of 'drywende stad'. Hierdie idilliese stadsomgewing beslaan 'n argipel kudde-eilandjies, waterweë en bruggies.
Die 'oustad' Gamla Stan op Riddarsholm-eiland, het sy middeleeuse atmosfeer behou, deels weens die afwesigheid van voertuie, andersyds weens die trots van die Swede op hul erfenis. Vir my (met moeilike voete!) is Stockholm darem stapbaar ; besienswaardighede is nabymekaar, soos die Kungsträdgärden met spuitfonteine, en die Stockholm-katedraal met sy uitmuntende houtgekerfde altaar. 'n Absolute hoogtepunt vir ons is die beroemde 'Goue Saal' in Stadshuset waar luisterryke Nobelprys-seremonies voltrek word. Historiese frescoes teen die mure is uitgelê in derduisende goudkleurige mosaïek-teëltjies. Kameras mag nie hier flits nie!
Nêrens word Viking-geskiedenis en skeepsboukundigheid so besonderlik geïllustreer as in Vasa-museum nie. Die manne vind dit fassinerend, maar vir my is dit alles te oorweldigend. Hierdie massiewe museum bevat die gebergte oorlogskip wat drie eeue lank onderwater versteek gelê het. Na jarelange se berging-prosedures en restourasie, word hierdie opgeknapte skip saam met allerlei interessante skeepsgebruiksartikels in die temperatuur- en vogtigheidsbeheerde museum uitgestal.
Langs die pad lig Monica ons in oor Uppsala se historiese kroningskatedraal. Ou boomstomp-kerkskatkiste, hout-kerkkloktorings, antieke 'kerkbote', "May-poles" vir lentefeesvieringe, kürbitz-geverfde voordeure, identifiserende figuurtjies van klip op skoorstene, is alles vir ons uniek - pragfoto's vir my reisalbum!
Nusnäs is bekend vir handgekerfde Dalahäste-houtperdjies, by internasionale handelsuitstallings gebruik as simbool van Swede. Hans kiek my bo-op die ‘Reuseperd van Dalärna’! (Hierdie foto pryk later op die buiteblad-collage van my reisjoernaal.)
'n Glasie bloubessiesap verwelkom ons by die Noorse grens - die ys is gebreek en toerlede gesels 'n 'takbok-uit-‘n-bos'!
Die koel somertemperatuur en lang dae is bewys dat ons naby die arktiese sirkel is. Hoog in die berge lê die sneeu nog dik en teen die hange vorm smeltende sneeu nat sebrastrepe. Hans lyk soos 'n regte trol-dwergie teen die hoë wal sneeu langs die bus! Só verblindend-helder weerkaats die son, dat ons gou donkerbrille opdiep!
Fjordland is 'n asemrowende gebied van gletsers en tuimelende watervalle uit die hoë sneeubedekte granietgesteentes. Ver onder in skeurvalleie lê die pragtige fjordinhamme. Ek haal aan oor die Noorweegse fjordland: "No amount of anticipation and no photographs can ever prepare the traveler for the real thing!" Dit is inderdaad so - die stilte en dramatiese natuurskoon laat 'n mens stil én stom. Hans wikkel sy arm om my lyf....
Hoog bo by Flydalsjuvet-uitkykpunt hou die busbestuurder stil sodat ons die asemrowende skoonheid van die Geiranger-fjord en sy oewerdorpie kan inneem. Die son loer uit - ons vat hande met die Skepper - hoe kan ons anders as om ons seëninge te tel! 'n Veerbootrit oor die spieëlgladde fjord sluit 'n fantastiese dag af.
Hout-berghutte, die Sewe Susters-waterval, mooi wit passasiersbote wat geruisloos verby ons oor die water gly, en fantastiese weerkaatsings op die rimpelvrye watervlak, dra alles daartoe by om hierdie dag onvergeetlik te maak. In valleie ry ons deur woude bergvarings, bosse wit kantblomme tussen pienk en pers lupine, verby takbokhorings bo-aan plaasvoordeure, salm-teelplase met fiskehütte, weidende bergbokke met klokke en mooi stewiggeboude, geelbruin fjordperde.
Die serene stad Stockholm staan bekend as 'die stad tussen brûe', of 'drywende stad'. Hierdie idilliese stadsomgewing beslaan 'n argipel kudde-eilandjies, waterweë en bruggies.
Die 'oustad' Gamla Stan op Riddarsholm-eiland, het sy middeleeuse atmosfeer behou, deels weens die afwesigheid van voertuie, andersyds weens die trots van die Swede op hul erfenis. Vir my (met moeilike voete!) is Stockholm darem stapbaar ; besienswaardighede is nabymekaar, soos die Kungsträdgärden met spuitfonteine, en die Stockholm-katedraal met sy uitmuntende houtgekerfde altaar. 'n Absolute hoogtepunt vir ons is die beroemde 'Goue Saal' in Stadshuset waar luisterryke Nobelprys-seremonies voltrek word. Historiese frescoes teen die mure is uitgelê in derduisende goudkleurige mosaïek-teëltjies. Kameras mag nie hier flits nie!
Nêrens word Viking-geskiedenis en skeepsboukundigheid so besonderlik geïllustreer as in Vasa-museum nie. Die manne vind dit fassinerend, maar vir my is dit alles te oorweldigend. Hierdie massiewe museum bevat die gebergte oorlogskip wat drie eeue lank onderwater versteek gelê het. Na jarelange se berging-prosedures en restourasie, word hierdie opgeknapte skip saam met allerlei interessante skeepsgebruiksartikels in die temperatuur- en vogtigheidsbeheerde museum uitgestal.
Langs die pad lig Monica ons in oor Uppsala se historiese kroningskatedraal. Ou boomstomp-kerkskatkiste, hout-kerkkloktorings, antieke 'kerkbote', "May-poles" vir lentefeesvieringe, kürbitz-geverfde voordeure, identifiserende figuurtjies van klip op skoorstene, is alles vir ons uniek - pragfoto's vir my reisalbum!
Nusnäs is bekend vir handgekerfde Dalahäste-houtperdjies, by internasionale handelsuitstallings gebruik as simbool van Swede. Hans kiek my bo-op die ‘Reuseperd van Dalärna’! (Hierdie foto pryk later op die buiteblad-collage van my reisjoernaal.)
'n Glasie bloubessiesap verwelkom ons by die Noorse grens - die ys is gebreek en toerlede gesels 'n 'takbok-uit-‘n-bos'!
Die koel somertemperatuur en lang dae is bewys dat ons naby die arktiese sirkel is. Hoog in die berge lê die sneeu nog dik en teen die hange vorm smeltende sneeu nat sebrastrepe. Hans lyk soos 'n regte trol-dwergie teen die hoë wal sneeu langs die bus! Só verblindend-helder weerkaats die son, dat ons gou donkerbrille opdiep!
Fjordland is 'n asemrowende gebied van gletsers en tuimelende watervalle uit die hoë sneeubedekte granietgesteentes. Ver onder in skeurvalleie lê die pragtige fjordinhamme. Ek haal aan oor die Noorweegse fjordland: "No amount of anticipation and no photographs can ever prepare the traveler for the real thing!" Dit is inderdaad so - die stilte en dramatiese natuurskoon laat 'n mens stil én stom. Hans wikkel sy arm om my lyf....
Hoog bo by Flydalsjuvet-uitkykpunt hou die busbestuurder stil sodat ons die asemrowende skoonheid van die Geiranger-fjord en sy oewerdorpie kan inneem. Die son loer uit - ons vat hande met die Skepper - hoe kan ons anders as om ons seëninge te tel! 'n Veerbootrit oor die spieëlgladde fjord sluit 'n fantastiese dag af.
Hout-berghutte, die Sewe Susters-waterval, mooi wit passasiersbote wat geruisloos verby ons oor die water gly, en fantastiese weerkaatsings op die rimpelvrye watervlak, dra alles daartoe by om hierdie dag onvergeetlik te maak. In valleie ry ons deur woude bergvarings, bosse wit kantblomme tussen pienk en pers lupine, verby takbokhorings bo-aan plaasvoordeure, salm-teelplase met fiskehütte, weidende bergbokke met klokke en mooi stewiggeboude, geelbruin fjordperde.
Bergen, in ou Hansa-vissershawe met Wêrelderfenisstatus is strategies geleë op 'n skiereiland aan die voet van sewe heuwels. In gerestoureerde, antieke hout-handelshuise word boetieks, kunsgalerye en klein museums bedryf. Hans kies koers na die ou Torget-vismark met sy verskeidenheid seekos, terwyl die winkels vir my wink. Pragtige takbokvel-pantoffels trek my aandag. Ander begeerlike ware is mooi pewter en silwer eetgerei met tradisionele Viking-motiewe. Ek soek 'n spesiale Nordstrikk-woltrui uit in rooi-grys-wit.
Die Trolstigen-haarnaaldpad en steil Flämsbana-treinspoor, al langs die fjords en deur vele bergtonnels, is vir almal 'n wonderlike belewenis. Aan die voet van Twinvoss-dubbelwaterval gaan skep Hans vir my van die 'verjongende water' - die hoop beskaam mos nooit vir "Lank sal ons lewe!"
Oslo is ons laaste bestemming - 'n moderne 'kleinstad' met voetgangersones, parke en paleise. Die spognaam, "Stad van Goud", verwys trots na talle goue medaljes wat deur kranige Noorweërs by Olimpiese Winterspele verower word.
Hans is beïndruk met die mooi hawegebied en seiljagmarina met Norge, die koninklike jag; ek is meer ingestel op die goedversorgde ambassadeurswonings en die Aula-saal waar die Nobelprys vir Vrede jaarliks toegeken word aan verdienstelikes.
Die kersie op ons Skandinawiese koek is Vigelandpark, bekend vir die lewenswerk van die Rodin-geïnspireerde beeldhouer, Gustav Vigeland, wat die lewensiklus en -fases van die mens in honderde naak-beeldhouwerke van graniet en brons weergegee het. 'n Besoek aan hierdie indrukwekkende 'lewensmonument' was emosioneel absoluut 'n hoogtepunt. Rug aan rug (darem mét klere aan) sit ons en pose vir 'n herdenkingsfoto!
Van die maritieme museumkompleks op Bygdöy-skiereiland kon ons ons nie wegskeur nie .'n Uur se besigtigingstyd is beslis te kort vir die Kontiki-museum met Thor Heyerdahl se outydse balsabote. Drie goedbewaarde Viking 'grafskepe' met gebruiksartikels vir belangrike of welvarende mense van weleer, toegepak met lae turf, en so bewaar vir die lang 'slaap van eeue', is netso interessant. Die Norsk Folkenmuseum vertoon Noorse husflieden, Laplandse Sami-kultuurartikels en veelkleurig-geborduurde volksdrag-kostuums. Vir oulaas skaf ek 'n paar bekostigbare aandenkings aan.
Wat ons oor die algemeen van Skandinawie beïndruk het, was die mense se netheid en flinkheid, hoë lewenstandaard en welvaart, die gesinkroniseerde publieke vervoer, goeie paaie, goedversordge kerkhoffies en afwesigheid van rommel en misdaadbedreiging.
Van die maritieme museumkompleks op Bygdöy-skiereiland kon ons ons nie wegskeur nie .'n Uur se besigtigingstyd is beslis te kort vir die Kontiki-museum met Thor Heyerdahl se outydse balsabote. Drie goedbewaarde Viking 'grafskepe' met gebruiksartikels vir belangrike of welvarende mense van weleer, toegepak met lae turf, en so bewaar vir die lang 'slaap van eeue', is netso interessant. Die Norsk Folkenmuseum vertoon Noorse husflieden, Laplandse Sami-kultuurartikels en veelkleurig-geborduurde volksdrag-kostuums. Vir oulaas skaf ek 'n paar bekostigbare aandenkings aan.
Wat ons oor die algemeen van Skandinawie beïndruk het, was die mense se netheid en flinkheid, hoë lewenstandaard en welvaart, die gesinkroniseerde publieke vervoer, goeie paaie, goedversordge kerkhoffies en afwesigheid van rommel en misdaadbedreiging.
"Jag ärs glad när solen skinen" – ook dankbaar vir sonskynweer hier in die koue Noorde!
Ten slotte dan, ons reisfilosofie : Reis hou die romantiek van ontvlugting in, die ontdekking van dit wat ánders is, ontmoeting van vreemdeling-vriende, en ingesteldheid op alles wat sintuiglik waardeer kan word.
Ten slotte dan, ons reisfilosofie : Reis hou die romantiek van ontvlugting in, die ontdekking van dit wat ánders is, ontmoeting van vreemdeling-vriende, en ingesteldheid op alles wat sintuiglik waardeer kan word.
Subscribe to:
Posts (Atom)