Etikette op my reistas
Dis weer Mei. Aan die vroegoggendkoelte voel ek dis tyd vir my jaarlikse ‘verhuising’ Wanneer die swaels in gelid sit op die telefoondraad om tydelik uit te wyk na warmer skuilings, voel ek ook die krieweling om my vlerke te lig. Ek voel ‘n onverklaarbare nostalgie na ’n tuiste. -voorheen, êrens in ’n ander, vroeër lewe. Met die seisoen se oorgang. voel ek dit aan - iets slegs kenbaar in my gene en in my hartklop.
Reis het nog altyd vir my die romantiek van ontvlugting ingehou , die ontdekking van dit wat ánders is, ’n ontmoeting van vreemdeling-vriende, en ingesteldheid op alles wat sintuiglik waardeer kan word. Die etikette op my koffer - name, simbole, embleme en landsvlae - is alles besondere legkaartstukkies van assosiasie wat in my reistapyt van herinnering verweef is. Dit laat my telkens opnuut ervaar - ek sien, voel, hoor ruik en voel álles asof dit gister gebeur het .
Ek sien opnuut voor my geestesoog die klipperige velde van Betlehem, ‘n lap geel sonneblom son-kant toe gedraai in Provence,’n Turkse vrou in swart, met kopdoek en hekellap op ‘n trap in Efese, die wulpse buikdanseres met ’n boesem vol blinkers in Istanbul, die goud-en-silwer kabbeling teen ’n koraalwit strand van die Seychelle, ’n opgekrulde streepkat in die sonkol op ’n vensterbank in Santorini, die oordaad kleur wat malvas uitstort oor ’n eenvoudige konkablik langs ’n witgekalkte huisie, blou vensterluike en ’n skaduryke wingerdprieel - iewers én orals. Ek staan weer aan die voet van die Christus-beeld in Rio de Janeiro en lig my arms omhoog............
In my dagdroom hoor ek weer eens die bedel om baksjeesh in Egipte, trillings van ’n Griekse bouzouki, die véraf geklingel van koeiklokke op ‘n Switserse weiland, ’n meesleurende Hongaarse czardas, gedempte, melodieuse gesprekke in Frans op die TGV-sneltrein, die ritmiese klop-klop van Ierse "riverdancing". Wanneer ek te veel verlang na die kinders in Kanada, luister ek na meesleurende Indiaanse panfluitklanke.
Kan mens regtig herinnering ruik? Jy dra ewig saam met jou die sagte, soet aroma van vanieljetee, die vars dou op ’n Europese lenteveld, ‘n skerp aanmaning van laventelbos, vyeboom en knoffelkruid aan die Dalmatiese kus, bedwelmende wierook en spesery van ’n Midde-Oosterse shuk en varsgemaalde wakkermaak- koffie by ’n kafee-op-die-hoek in Wene. Europa ruik mos anders as Afrika.
Met toe oë proe ek weer die soutlug van die Dooie See, ‘n geurige shish kebab met origanum bestrooi, brokkelrige feta, blinkswart olywe en frankerige vinho do casa van Toskane, ‘n soet-deurweekte Griekse heuninggebak en gnocchi uit ’n Italiaanse plaaskombuis, ‘n glasie versterkende bloubessiesap in ysige Noorweë. Ek breek ‘n sagte swart vy oop en verlustig my aan die verpulpte soetigheid op my tong...en verbeel my ek is op ‘n plasie in Kroasië.
Kan jy die sonskyn voel op ’n helder Van Gogh-landskap, wil jy die emosionele ervaring deel ter aanskoue van die meesterhand in marmer van Michelangelo in Florence , van die ontwykende lyftaal van Madame Mona Lisa in die Louvre, van die liefdesboodskap in ligroos marmer van die Taj Mahal, en van die wekkende roep van die muezzin vanaf ’n minaretbalkon in Ou Istanbul? Wat is lekkerder as die wind wat deur jou hare swiep op ‘n oop, dobberende bootjie langs die kus van die mooie Madeira, weerskante vergesel van ‘n paar vinvlugtige dolfyne?
As gesondheid, geld en geluk steeds vir my in die toekoms beskore sou wees, is daar nog ’n paar bestemmings op die gesigseinder waarheen ek graag sou wou koerskry, of wil herbesoek.Hopelik kry ek nog die geleentheid om op my oudag nog om te leer snorkel in die Australiese Koraalsee, uit te kyk oor die majestueuese Grand Canyon, weer in ritme te kom met die hartklop van romantiese Venesië, die seegroen kabbeling aan ’n Algarve-strand om my enkels te voel, weereens uit te kyk oor die asuurblou van die Sorrentynse skiereiland-kus, die manjifieke sonsondergang by Oia op Santorini vir oulaas weer te waardeer, die terracotta-krygers van Xi’an te sien en op die Groot Muur van China te wandel.
Die hoop beskaam nie.My reistas staan weer eens afgestof, uitgevat van kop tot toon, gereed, geëtiketteer en geïnspekteer. Dit staan oop in afwagting, soos ‘n voetsoldaat wat wag op die bevel. Daar’s nog plek vir ‘n paar nuwe etikette aan die binnedeksel!
Ter voorbereiding begin ek stadigaan my daaglikse roetinelewe netjies en sistematies afmeet in pak - opgevoude pakkies volgens kalender, klere na klimaat, skoeisel wat nie skaaf, brille en pille soos benodig, ‘n kaart en reisgids as sekuriteit vir die wis en onwis.Tussenin saam daarmee soos lae glanspapier, wikkel ek ook ‘n paar van my drome in, verlangens en verwagtings wat dalk ‘n verrassing of twee mag oplewer
As ewige reisiger dra ek steeds die paspoort na ‘n horison, waarvan die grense steeds agtertoe bly verskuif en my naderwink. Reis is verreikend, verrykend, vernuwend en verslawend - altyd onvoltooid...........
Taormina, hier kom ek!

No comments:
Post a Comment