"So, wat doen mens twee weke lank in Switzerland as jy net op een plek bly?" vra 'n oningeligde vir my. Die antwoord is :'n legio-moontlikhede!
Die immer-gewilde vakansie bestemming, Interlaken, lê in die Berner Oberland tussen Thun- en Brienz-mere, aan die voet van drie bergpieke, Eiger, Mönch en Jungfrau. Aangesien dit die afspringplek is vir talle aktiwiteite gedurende die somer-, winter- en skouerseisoene, kan 'n mens gerieflik hier kom nesskop vir twee weke lank in 'n bekostigbare selfsorg-blyplek en jou omvattende web span oor die suidelike deel van Switzerland.Skaf 'n reispas aan..... "en daar gaat ons!"
Reeds teen die begin van die 19de eeu was Interlaken bekend vanweë sy besondere ligging tussen stil, sodablou mere en indrukwekkende sneeuwit pieke Interlaken se sukses as 'n toeristebestemming is verder verstewig deur die voltooiing van die Berner Oberland-spoorlyn in 1890 en die Jungfrau-spoor in 1912. As 'n vakansiebestemming is Interlaken ' n ideale beginpunt vir talle uitstappies: besoekers kan kies uit meer as 45 bergbane, sweefspore, kabelritte en ski-lifts asook 'n digte netwerk van wandelroetes en voetslaanpaaie.
Meerbote, waaronder historiese stoomskepe, vaar oor die waters van die Thun- en Brienz-mere. Net tien kilometer weg van Interlaken, op 'n sonnige suid-helling, lê Beat Niederhorn,' n paradys vir hangvlieers. Die Niederhorn bied ook 'n habitat vir klip klipspringers en bergmarmot.
Somertye vertrek talle treine na die Jungfrau-streek in die rigting van Grindelwald en Lauterbrunnen met verbindings na Wengen, Mürren en vandaar na die Schilthorn sowel as die Klein Scheidegg en die Jungfraujoch . Interlaken is geleë op die «Golden Pass» panoramaroete suidwaarts na Montreux aan die Genève-meer, verby die luukse vakansie-oord van Gstaad. Oor die Brünigpas bereik 'n mens na Luzern in 'n japtrap op die Sentraalbaan. Bern en Zermatt kan ook maklik as daguittappies beplan word vanaf een van Interlaken se twee stasies.
In die winter kan besoekers voordeel trek uit die sentrale ligging van Interlaken en die gepaardgaande geleentheid om elke dag 'n gunsteling skigebied aan die voet van die Jungfrau te benut . Gewilde skiplekke om van uit te kies is by Mürren , Klein Scheidegg , Männlichen en Grindelwald First, of die familie-georiënteerde Beat en Axalp_Brienz. Daar is meer as 220 kilometer winterstaproetes in die Interlaken, Beat, Axalp Brienz, Habkern, Wilderswil en Jungfrau-streek. Besoekers kan ook voordeel trek uit die daaglikse skibus wat Interlaken met die onderskeie nabyliggende ski-oorde verbind.
Jungfraujoch se tandradbaan na die hoogste kabelstasie in Europa
Die panoramiese kabelspoor na die Schilthornpiek se Piz Glora draairestaurant met 'n manjifieke uitsig oor die drielingpieke
Harder Kulm , 'n kabelspoor neem passasiers teen Interlaken se "tuis berg" wat ' n uitsig oor die mere bied.
Heimwehfluh , 'n nostalgie kabelrit na die uitsigterras met ' n restaurant, rodel-glybaan
St Beatus-grotte , een kilometer kalksteengrotte met stalagmiete in indrukwekkende sale
Giessbach- en Trummelbach-watervalle bereik per boot, motor, bus of te voet
Brienz se houtsneekuns-werkswinkels bereik per boot, motor, bus
Ballenberg-terrein opelugmuseum van tradisionele kulturele aspekte naby Brienz bereik per trein en bus
Vierpasse roete vanaf Meiringen: Susten,Grimsel, Gotthard en Fluellen, bereikbaar per bus
No comments:
Post a Comment