Eisriesenwelt , oftewel 'ysreus-wêreld' van die Salzkammergut, is seker een van sentraal-Europa se besbewaarde geheime. Die gebied ontleen sy naam aan die diep onderaardse soutmyne wat deur grotte in die berge toeganklik geword het vir ontginning.
Hierdie gebied, afgeweke van die bekende hoofroetes, lê net suid van Salzburg, verskuil in diep valleie tussen die berge. Gewoonlik kry besoekers aan Oostenryk mos heel eerste koers na Wene of die ski-oorde van die Tirool, ten koste van ander minder bekende streke, soos hierdie.
Met behulp van die Oostenrykse treinpas en 'n deeglike streekskaart kon ons ons eie deeglike verkenning doen.Vooraf het ons darem heelwat 'huiswerk' gedoen om presies te bepaal hoe ons al hierdie mooi plekkies van die Salzkammergut op ons treinroete in 'n string kon inryg.
Die bergvalleie van die Salzkammergut is 'n romantiese bergparadys met pragtige mere, pieke en oewerdorpies, genestel in valleie tussen die Oostenrykse Dachstein Alpe .'n Kudde van dertien mere is deur eeue heen gevul met smeltende sneeu van meervuldige sneeubedekte pieke. Per trein, bus of motor is oewerdorpies soos Gmunden, St Wolfgang am See, St Gilgen en spa-oorde, soos Bad Aussee, maklik bereikbaar en toeganklik.
Die poskaartmooie Hallstatt is slegs bereikbaar per boot oor die Hallstatter-meer. Vanaf St Wolfgang kan besoekers 'n kabelrit onderneem teen die Schafberg op waarvandaan daar 'n panoramiese uitsig is oor die spieëlgladde omliggende mere, elk maar 'n hanetree of 'n veerbootritjie uitmekaar. Bad Ischl is weer bekend vir sy mineraalryke waters , keiser Franz Josef se somerpaleis, en geboorteplek van die Hongaarse komponis, Franz Lehar.
Tydens ‘n vorige toer gedurende April in Oostenryk deur die Salzkammergut was die landskap tóe onder ’n dik sneeukombers. Langs die treinspoor het ons verskeie sneeustorting-beheerstasies teëgekom. Wanneer die sneeu begin smelt, is daar dikwels onverwagte sneeustortings wat treine in vaar kan stel. ‘Sneeuwagte’ is gedurig op die uitkyk vir so ’n ongeval. Ons is per trein verby die Dachstein-ysgrotte wat in die winterseisoen egter nie toeganklik is vir besoekers nie. Hier teen vyfuur het dit al begin donker word en kon ons reeds liggies sien van afgeleë meredorpies en berghutte.
Die flonkerende liggies van Hallstatt het van ver af deur die winterskemerte gewink en het my die wens laat uitspreek om dié besondere ou plekkie darem eendag weer in die somer te kon besoek. Onlangs in 2006 is my wens bewaarheid en kon ons hierdie allermooiste dorpie van die Salzkammergut toe werklik van naderby leer ken in al sy somerglorie! Dit is nie die maklikste bestemming om te bereik nie, want ons moes eers per trein verby Attnang Puchheim ry in die rigting van Bad Ischl en ’n meerboot haal na die oorkantste wal waar Hallstatt teen die berghang lê.
Sielerus in die Salzkammergut! Hallstatt is poskaartmooi en verdien 10 uit 10 vir ligging en natuurskoon. Die dorpie se onderstebo-weerkaatsing lê helder in die meer, die houthuisies is pragtig versorg en daar heers ’n rustige atmosfeer. As jy die dag gelukkig is, demonstreer 'n blaser sy alphoring-vaardigheid op die dorpsplein! Dis amper asof elke klank hier helderder is –– die akoestiek tussen die bergwande is onverbeterlik.
In een boetiekvenster ek ’n pragtige Swarovski-kristalster aan ’n blou fluweellint gesien hang; ek het dit só bewonder en begeer, maar dit sou my omtrent R1700 armer gemaak het indien ek voor die versoeking sou swig!
Die allerfynste houtsneewerk geskep deur vaardige hande is ook hier te kies en keur, maar peperduur. Op die mark het ek vir die eerste keer ook tuisgekweekte edelweiss-blomplantjies gesien. Hier kom jy ook nog daagliks inwoners in hul tragt (volksdrag) tee - lederhosen, kruisbande, hoed en wandelstok vir hom en 'n aanvallige dirndl-uitrusting vir haar.
Behalwe vir die natuurskoon van hierdie klein meredorpie, is die soutmyn met sy kosbare ‘witgoud’, natuurlik ook ’n groot aantrekkingskrag. 'n Besoek aan die ondergrondse soutmyn van Hallein is een van die hoogtepunte wat aktiwiteite betref. Eers is daar ’n steil berg-wandelpaadjie deur die woud wat gevolg moet word. Langs die pad het ons koel water uit ‘n bergstroompie gedrink as lafenis teen die onverwagte hitte en inspanning van die stappie opdraand.
Ongelukkig was daar hordes skoolkinders wat ons tydsbeplanning ’n bietjie omvergegooi het, maar ten spyte daarvan het ons die Erlebnis Salzbergwerk-soutmyntoer baie interessant gevind. Uitgedos in wit myn-oorpakke en beskermende mynhoede, gly besoekers onseremonieel wydsbeen-agtermekaar langs ‘n paar steil glybane af tot diep onder die aarde, dan stap jy verder deur smal, donker tonnels na ‘n onderaardse soutmeer om te luister na ‘n lesing oor die eeue-lange ontginning van hierdie kosbare ‘wit-goud’. Glo my, die adrenalien het vinnig gepomp en ons kon nie wag vir ’n stomende koppie koffie in die restaurantjie op die oppervlak nie.
Wanneer jy versadig is van natuurskoon , kan jy vir 'n verandering 'n dosis kultuur inkry by Salzburg. In hierdie Festspielstadt, het ons tuisgegaan in Pension Adler naby die stasie. Dit was ’n entjie uit die stad uit, maar by die stasie was daar ’n busdepot wat ons rondrits per trein of bus sommer baie vergemaklik het. Die moderne stasie het ’n kafeteria gehad met tradisionele spesialiteite op die spyskaart, soos Rosenkavaliersalat (kalkoen-en-groenslaai), leberkäse, en allerhande soorte worse.
Hierdie ou aartsbiskopstad het sy romantiese bekoring deur eeue heen behou omdat dit nie veel uitgebrei het nie. Salzburg le tussen heuwels aan die oewers van die Salzach-rivier wat 'nuwestad' van 'altstadt' skei. ’n Paar antieke brûe oorspan die helderskoon en vinnigvloeiende Salzach. In die omgewing van die ‘nuwestad’ pryk pragtige koepel-katedrale, pleine, fonteine en standbeelde, aartsbiskop-paleise soos die Mirabel, met goedversorgde, simmetriese tuine van rooi en wit tulpebeddings. Die kroon word egter letterlik en figuurlik gespan deur die indrukwekkende Hohensalzburg-fortkasteel op die kruin van die Mönchsberg. Om die stadspanorama op sy beste te kon sien, het ons met die kranshysbak opgery na die uitsigterras heelbo.
Mozartplein en Mozarthuis is sekerlik die grootste aantrekkingskrag van Salzburg. Orals is die naam Mozart aangebring op toeristesnuisterye, soos sjokolade, likeurs, T-hemde, teelepels, glase en ’n duisternis ander aandenkings. Hier in altstadt het ons amper twee dae lank aanmekaar net rondgewandel om al die kulturele besienswaardighede te besigtig.
Die klank van musiek volg ’n mens oral - of jy nou op Rezidentsplatz na die klokkespel luister, verby die Mozarteum-musiekskool stap, mooi kerkorrelspel vanuit die St George-kapel hoor, of verby ’n CD-winkel loop - Mozart is oor die lug!
Somertyd vind die Salzburger Festspiele ook plaas. Op Mozartplatz is daar ’n standbeeld van die komponis en langs die Getreidegasse of voetgangerstraat kan Mozart se geboortehuis met musiekinstrumente, ou dokumente en briewe, besigtig word. Mozartkugeln, heerlike ronde sjokoladebolletjies met amandel-, haselneut- of marsepeinvulsel, en oulike boepensbotteltjies Mozartlikeur, het ideale geskenke gemaak vir familie en vriende tuis.
Bokant winkels aan weerskante van ou klipstegies hang daar nog ’n hele paar antieke gegote-yster ambagsimbole wat ’n paar eeue terug dateer, soos die van skoenmaker, silwersmid, bakker, of wynmaker, en dies meer. Van ons interessantste besoeke was aan marionettewinkels met hul halfmeter-hoë dwergpoppe en die Spielzeug-speelgoedmuseum. Die unieke eierwinkel het ’n magdom geverfde eierdoppe in enige kleur en patroon vir alle en enige denkbare okkasie tentoongestel! Salzburger Heimatwerk op die Residentz-plein, waarvandaan ons ons met moeite moes wegskeur, is ’n volkskuns-winkel met die allerpragtigste Oostenryk-handwerk-aandenkings. In Judengasse het ons weer ‘n keur van kompakskywe met klassieke musiek spotgoedkoop raakgeloop.
Terwyl ons in altstadt rondgedrentel het, het ons straatmusikante teëgekom, klop-kloppende perdekoetse, antieke straatfonteine en spesialiteitswinkeltjies met aanloklike Paas-eetgoed en versierings. Veral die kunstige ambag-kamees van handgemaakte pewter en glas (’n bakkery, slaghuis, kruidenierswinkeltjie, klaskamer) was vir ons baie mooi, maar ongelooflik duur. Hierdie raampies word voor glasvensters gehang; die lig wat daardeur skyn, laat die toneeltjies as’t ware lewe.
Toe ons voete naderhand darem té koud en nat geword het, het ons gou by Julius Meindl-supermark ingespring om dik, warm wintersokkies te koop! In ’n gesellige café keller het ons vir ’n wyle geurige koffie gaan sit en drink, opgewarm en asemgeskep.
Die nabygeleë Hellbrunn-paleis met sy mooi tuine en Wasserspiele (fopfonteine) getuig vandag steeds van jong koninklike Leopoldt se onnutsigheid en sin vir humor. Tydens 'n wandeling deur die tuine kan jy onverhoeds papnat gespuit word!
Salzkammergut bied winter of somer alles wat jy van 'n Alpevakansie sou verwag , die een seisoen is mooier as die ander. Terwyl jy twee weke lank hier 'verdwyn' kan jy elke dag iets anders sien of doen. Besoekers wat die moeite wil doen om hierdie besondere berggebied uit te sonder vir 'n vakansie, sal sekerlik nie teleurgestel terugkeer nie.
In klein dorpies of langs wandelpaaie kom jy nog inwoners in hul tragt (volksdrag) tee; lederhosen, hoed en wandelstok vir hom en dirndl vir haar.
Wanneer jy genoeg het van natuurskoon kan jy jou dosis kultuur verkry van Salzburg In hierdie Festspielstadt, het ons tuisgegaan in Hotel Adler naby die stasie. Dit was ’’n entjie uit die stad uit, maar by die stasies was daar ’’n busdepot en het dit ons rondrits per trein sommer baie vergemaklik. Die moderne stasie het ’’n kafeteria gehad met tradisionele spesialiteite op die spyskaart, soos Rosenkavaliersalat (kalkoen-en-groenslaai), leberkääse, en waar ons aan allerhande soorte worse kon proe.
Hierdie ou aartsbiskopstad het sy romantiese bekoring deur eeue heen behou omdat dit nie veel uitgebrei het nie. Salzburg le tussen heuwels aan die oewers van die Salzach-rivier wat 'nuwestad' van altstadt skei. ’’n Paar antieke brûûe oorspan die helderskoon en vinnigvloeiende Salzach. In die omgewing van die ‘‘nuwestad’’ pryk pragtige koepel-katedrale, pleine, fonteine en standbeelde, aartsbiskop-paleise soos die Mirabel met goedversorgde, simmetriese tuine van rooi en wit tulpebeddings. Die kroon word egter letterlik en figuurlik gespan deur die indrukwekkende Hohensalzburg fortkasteel op die kruin van die Möönchsberg. Om die stadspanorama op sy beste te kon sien, het ons met die kabelhysbak opgery na die uitsigterras heelbo.
Mozartplein en Mozarthuis is sekerlik die grootste aantrekkingskrag vanSalzburg. Orals is die naam Mozart aangebring op toeristesnuisterye, soos sjokolade, likeurs, T-hemde, teelepels, glase en ’’n duisternis ander aandenkings. Hier in altstadt het ons amper twee dae lank aanmekaar rondgewandel om al die kulturele besienswaardighede te besigtig.
Die klank van musiek volg ’’n mens oral, of jy nou op Rezidentsplatz na die klokkespel luister, verby die Mozarteum-musiekskool stap, mooi kerkorrelspel vanuit die St George-kapel hoor, of verby ’’n CD-winkel loop - Mozart is oor die lug! Somertyd vind die Salzburger Festspiele ook plaas. Op Mozartplatz is daar ’’n standbeeld van die komponis en langs die Getreidegasse -voetgangerstraat kan Mozart se geboortehuis met musiekinstrumente, ou dokumente en briewe, besigtig word. Mozartkugeln, heerlike ronde sjokoladebolletjies met amandel-, haselneut- of marsepeinvulsel, en oulike boepensbotteltjies Mozartlikeur, het ideale geskenke gemaak vir familie en vriende tuis.
Bokant winkels aan weerskante van ou klipstegies hang daar nog ’’n hele paar antieke gegote-yster ambagsimbole wat ’’n paar eeue terug dateer, soos die van 'n skoenmaker, of silwersmid, bakker, wynmaker,en dies meer. Van ons interessantste besoeke was aan marionettewinkels met hul halfmeter-hoëë dwergpoppe en die Spielzeug-speelgoedmuseum. Die unieke eierwinkel het ’’n magdom geverfde eierdoppe in enige kleur en patroon vir alle en enige denkbare okkasie tentoongestel! Die Salzburger Heimatwerk op die Residentz-plein, waarvandaan ons ons met moeite moes wegskeur, is ’’n volkskuns-winkel met allerpragtigste Oostenryk-handwerkaandenkings. In Judengasse het ons weer ‘‘n keur van kompakskywe met klassieke musiek spotgoedkoop raakgeloop.
Terwyl ons in altstadt rondgedrentel het, het straatmusikante teëëgekom, klop-kloppende perdekoetse, antieke straatfonteine en spesialiteitswinkeltjies met aanloklike Paas-eetgoed en versierings. Veral die kunstige ambag-kamees van handgemaakte pewter en glas (’’n bakkery, slaghuis, kruidenierswinkeltjie, klaskamer) was vir ons baie mooi, maar ongelooflik duur. Hierdie raampies word voor glasvensters gehang; die lig wat daardeur skyn, laat die toneeltjies as’’t ware lewe.
Toe ons voete naderhand darem téé koud en nat geword het, het ons gou by Julius Meindl supermark ingespring om dik, warm wintersokkies te koop!In ’’n gesellige caféé keller het ons vir ’’n wyle geurige koffie gaan sit en drink, opgewarm en asemgeskep.
Die nabygeleëë Hellbrunn-paleis met sy mooi tuine en Wasserspiele (fopfonteine) getuig vandag steeds van jong Leopoldt se onnutsigheid en sin vir humor. Tydens jou wandeling deur die tuine kan jy onverhoeds papnat gespuit word!
Die sprokiesmooi Salzkammergut bied egter winter of somer alles wat jy van 'n Alpevakansie sou verwag , die een seisoen is mooier as die ander. Terwyl jy twee weke lank hier 'verdwyn' kan jy elke dag iets anders sien of doen. Besoekers wat die moeite wil doen om hierheen te kom, sal nooit teleurgestel wees nie.
No comments:
Post a Comment