Eilande van die Egeiese See
Die eenvoud, informaliteit en klimaat van die Griekse eilande in die Egeïese See het ons weer eens teruggelok vir ’n ontspannende Europese somervakansie. Persoonlik verteenwoordig die blou-en-wit Griekse vlag vir my die pragtige blou see en wit Griekse kerkies.
Daar is glo ongeveer1400 Griekse eilande waarvan slegs 160 bewoon word, gesamentlik amper 10 000 km kuslyn. Ons moes vooraf goed naslaan en ‘huiswerk’doen om finaal te besluit watter spesifieke eilandbestemmings ons sou uitsonder vir ons veerboot-verkennings.
Griekse veerbote is gewoonlik oorvol in die somer. As jy gelukkig is en voor in die ry staan, kry jy dalk 'n gemaklike stoel in die groot sitruimte, anders is jou voorland een van die harde dekbankies, of soos dit ons eenkeer oorgekom het, die harde bootdek self! Dit bly egter 'n goedkoop en interessante manier van reis tussen die vele Griekse eilande, waaruit jy tydens die aangename skouerseisoene van Mei of September kan kies en keur sonder om eintlik eers vooraf te bespreek.
Soms, wanneer die meltemi gedurende die somerseisoen erg waai en jy is aan boord van 'n veerboot in die Egeïese See, beteken dit net een ding - mal de mer, of seesiekte! Maar wees getroos, kort voor lank is jou gekose eiland-bestemming in sig en tree jy verlig en opgewonde op die kaai - jou vakansie het begin!
As jy dan vir die eerste keer weer die aroma van origanum op die lug ruik, die bouzouki hoor tril en die seekatjies sien wat soos deurtrekkertjies aan 'n wasgoedlyn vagepen is, weet jy sommer dat jy nou is waar jy die graagste op aarde wil wees! Dan wil jy sommer gaan aansit, jou skoene uitskop, en ouzo, calamari , 'n Griekse slaai en 'n stukkie kraakvars waatlemoenkroon bestel.
Eiland van St Irene
Eiland van St Irene
Unieke Santorini, eiland van St Irene, het eeue vantevore 'n Doriese beskawing gehuisves en is omstreeks 1600 v C. vermoedelik deur 'n tsunami-getygolf uitgewis ná 'n reeks geweldige vulkaniese uitbarstings.
Die hoofdorp, Thira, lê bo op die rand van die halfmaankrater of caldera van 'n uitgewerkte vulkaan. Afhangende van hoe haastig jy is, kan hierdie kruinstad per donkie langs 'n steil kronkelpad, per bus, of per kranshysbak bereik word. Die dorpie met witgekalkte huise, smal gange, kerkies, poorte, kloktorings met blou koepels, kyk uit oor 'n stil, diepblou see daar vér onder. Die uitsig daarvandaan is veral teen sonsondergang asemrowend. Teen skemer word liggies een na die ander aangeskakel en Thira word omskep in 'n glinsterende tiara-kroon.
Ons is by die hawe ontmoet deur 'n hotelsmous van die Perissa-hotel. Hierdie hotel was nogal ver weg van Thira-dorpsentrum af, maar nogtans was dit geleë op 'n busroete wat ons in staat gestel het om dié spesiale eiland kruis en dwars te verken. Santorini se vrugbare, vulkaniese grond is uitstekend vir die verbouing van lae wingerde. Spesiale toere om wyn te gaan proe, kan op aanvraag gereël word.
Almal se gunstelingplekkie bly egter maar die klein dorpie Oia, wat groot aardskuddingskade in 1956 beleef het, maar daarna weer mooi gerestoureer is. Elke smal klipgangetjie was 'n avontuur op sigself! Veral die eenvoudige grotkamers met blougeverfde deure, malvas en trompet-rankers, het ons met hul skoonheid-in-eenvoud oorrompel; ons het gewens dat ons eerder van hierdie bekoorlike dorpie geweet het. 'Slim' donkies het die doolhof van keisteenstraatjies uit hul koppe geken, terwyl ons op ons eie hopeloos sou verdwaal het. Agter die donkie het die eienaar ewe getrou elke bol mis opgeskep en by die naaste wingerdstok van 'n mede-inwoner se stoepie afgegooi .Die Profitas Elias-klooster verderaan teen die heuwel is omskep in 'n kunshandwerk-ple en wynmakery .

Dit was seker die mees romantiese plekkie wat ons op enige van die Griekse eilande raakgeloop het. Sonsondergang vanaf uitkkykpunte op Oia ("Ee-aa") is 'n aandoenlike skouspel.Die klokke het begin beier en die skepe daar ver onder het gedobber op 'n goud-verglansde see.
Die strande Kamari en Livadi het swart vulkaniese klippertjies, maar die water was helder skoon en louwarm om in te baai. Met Pelikan Travel is ons per boot na Thirassia-eiland se warmbron en fosforgrotte, asook na Nea en Paleao Kaemeni waar die smeulende vulkaniese grond nog te siene is.
By Monolithos het ek die opsie gekies van 'n donkierit die steil klippad-opdraand uit na die hoogliggende dorpie. Dit was 'n gevaarlike ritjie, want die donkies het moedswillig teen die klipmure geskuur en na mekaar gehap-hap uit pure frustrasie om so agtermekaar in die nou gangetjies vorentoe en opdraand te beur. Kort-kort het een besluit dis tyd om te mis en dan moes die arme passasier agter net koes! Die donkiedrywers was so uitgeslape - eenrigting boontoe kos reeds 'n aardige prys, maar ondertoe moet jy dubbeld betaal! Dus moes ek en manlief maar na middagete die steil ent af in die bloedige warm son aanstryk.
Die Faros-vuurtoring en die Minoëse opgrawings by Akrotiri kan ook besoek word. Sommige argeoloë is van mening dat dit oorblyfsels is van die legendariese ou stad Atlantis, wat so geheimsinnig onder seevlak verdwyn het. Ek het onwillekeurig gewens dat ek net een dag in die verlede teruggevoer kon word om die stad te kon sien soos dit moes gelyk het toe dit nog bedryf is en vol lewe was. Die Argeologiese Museum in Thira huisves 'n groot verskeidenheid artifakte wat hier gevind is.In die Akrotiri-taverna met sy grotkamers, word Santorini-soetwyn effens verkoel bedien in blikbekers.
Saans het ons per bussie naThira-dorp toe gery om al die bedrywighede dop te hou en iets smaakliks soos garnale, Griekse slaai, en soet amygdalota-amandelkoek by 'n taverna te bestel.Ons het ook dikwels sommer op die naaste bougainvillea-berankte trappie van gesit en smul aan skywe spinasietert of kaaspastei, warm uit die oond.
Siklade: Paros en Samos
Ons volgende bestemming in die Egeïese See was Parikia (hoofdorpie van die eiland Paros) met sy bekoorlike witgekalkte platdak-geboutjies, baie straatkafeetjies met blou-en-wit geruite tafeldoeke, en boot-agentskappe aan die waterkant Die kamer- of woonsteleienaars het ons sommer op die hawe ingewag met aanbiedinge van goedkoop verblyf. Die goue reël was egter om eers te sê dat ons die kamer graag sou wou sien. Voorkoming is altyd beter as spyt.In Parikia het ons by Rooms Mike gebly teen 'n skamele bedrag.
Vissersbote in die kalm blou baai was nuutgeverf in helder kleure vir die somerseisoen. In die smal straatjies het enkele wingerdstokke en rye wasgoed vir kolletjies skadu gesorg. Ander plekkies wat beslis die moeite werd was om te besoek, was Naoússa met sy visserboothawe, smal bougainvillea-berankte straatjies, groen of blou luikvenstertjies, intieme straatkafeetjies en die allermooiste Pisso Livadi en Aliki-sandstrande. In die binneland le Lefkas , 'n dorpie met middeleeuse kerke en kloostertjies en suid tref jy boorde olyf aan met sy Vallei van Vlinders.
Paros is veral ook bekend vir sy marmersteengroewe en allerlei uitgekerfde marmer-aandenkings word verkwansel. Klein motorfietsies is beskikbaar vir besoeke aan die eiland se strandjies waar busse nie aandoen nie. Vanaf Poúnda het ons per boot gevaar na die eilandjie Antiparos wat nog kleiner en intiemer was. Na heelwat onderhandeling met die bruingebrande eienaar van 'n huurbootjie het ons Spileon, die allermooiste seegrotte met helderblou fosforwater , stalagtiete en stalagmiete gaan besoek.Een van die 90 meter ondergrondse grot-sale staan bekend as die 'Kerk' van

die Heilige Johannes
Met spesiale aanbiedinge vir kaiki-bootritte na nabygeleë privaatstrande ,word daar geesdriftig om die guns gebie van al wat besoeker is. Al die winkeltjies was laatmiddag ná die middagrus oop en oral kon ons die trillende bouzouki-musiek hoor.
Bruingebrande besoekers in plat tousandale en ligte wit kaasdoekhemde het rondgewandel en kafeetjies aan die waterkant beset. By Alikista Art het ek 'n stelletjie handgeverfde kraffies vir asyn en olyfolie gekoop wat baie jare lank vir ons Griekse slaaidisse gebruik is. Uitgekamde wit Flokati-matte in 'n verskeidenheid groottes was besonder begeerlik en sou miskien 'n spesiale hoekie tuis kon versier.
Ons eiland-verkenning het ook verder noord-oos gelei na Samos, geboorteplek van die groot wiskundige, Pythagoras. Hierdie eiland wat na aan die Turkse kus geleë is, is 'n mooi bergagtige eiland met olyfbome, sipres- en dennewoude, wingerde en veldblomme. Samiese wyn, veral die soet moschato, word hoog aangeslaan. Op 'n mooi helder dag kan 'n mens die westelike Turkse kus van Samos af sien. Hoewel die veerbote eers by Karlóvassi aandoen, het ons in Vathy tuisgegaan teen 'n baie billike tarief. Die kamer het 'n agterstoepie en 'n badkamer gehad. As bonus was daar in die agterplasie 'n pruimboom vol persrooi pruime.
Vathy se kenmerkende rooi teëldakhuisies is teen 'n steil heuwel aangelê. 'n Standbeeld of kouros van 'n geïdealiseerde Griekse jongman, vorm die middelpunt van die dorpie. Besoekers kan die vissersdorpie Pithagório met Romeinse baddens besoek, asook Heraion met 'n enkele ruïnekolom van die tempel van godin Hera, gade

Van Zeus.
Ons besoek aan die klipstrand van Kokkari was egter onplesierig omdat 'n sterk wind ál wat 'n sambreel was, wou verpletter ; Oktober was darem gans en al te winderig! By Karlovassi, 'n entjie verder was dit darem meer beskut, vanweë die omringende dennewoude. Hier het ons foto's geneem van die karaktervolle, natuurlike tuine. Pienk selonsrose en outydse erdepotte vol tuimelende malvas en ander kleurvolle rankers het só mooi vertoon teen die agtergrond van tipiese ongekunstelde Griekse huisies met hul groen of blou hortjieluike.Dankie tog vir digitale kameras om hierdie mooi herinneringe vas te vang!
Aan alle goeie dinge kom 'n einde en alte gou was dit weer tyd om veerboot-skedules te raadpleeg en oor te vaar na Turkye vir ons volgende bestemming - die Turkooiskus.
No comments:
Post a Comment